Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Hoofletters en 'Aanhalingstekens'

6/29/2017

 
Picture
Ek moes vanoggend 5 uur opstaan om by die werk te wees 6 uur. My dag het begin met ‘n whatsapp van ‘n mamma wat in aanhalings tekens op die groep sê dat haar kind se trui ‘weggeraak’ het en dat wie ookal dit geneem het dit moet terugstuur. 

Ek vind toe die ‘weggeraakte’ trui in my kind se tas.. en besef sy trui is ook weg.  So ek antwoord toe half ses vanoggend dat ons die skuldiges is en dat my kind se trui ook soek is.  Ek noem nogal dat my kind se trui gemerk is as Chaney.  Hier kom ‘n whatsapp terug van die betrokke mamma en sê haar kind sal sorg dat Chaney die trui kry… Chaney is nie meer in die laerskool nie … nou wonder ek … dink die mamma ons het Chaney se trui ook laat ‘wegraak’.  Moet wees want so ewe word die trui toe verlore klere toe gevat…  My gemoed trek sommer toe in ‘n donkerwolk… Ek wou in HOOFLETTERS op groep iets tik … maar gelukkig is daar ‘n mamma by skool wat my kind se trui toe red en ek het my regtige gedagtes vir myself gehou.

So kom ek toe net voor 6 by die werk.. die parkade se hekke staan oop.. maar die deure na die gebou is toe.. dit kos my 15 minute om by die hoofgebou te kom omdat ek lang pad moet stap.  My lyf is moeg en ek is nie lus vir sukkel nie.  Met ons stelsel release vandag sukkel ons ook.. iets wat 40 minute moet vat vat langer as ‘n uur..

Ek is moeg.. geduld is op en ek wil net huistoe gaan.. ek het alle groepies waarop ek is gesnooze sodat ek nie hoef te lees van al die issues wat sommige mammas het nie…  Vandag is daar nie ‘n les in my skrewe nie..  net moan…


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog