Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Hokkie, ouderdom en knieë

12/6/2016

 
Picture
Die naweek val ons in by DF Malan se hokkie vywe.  Oor logistieke redes gaan my kind nie DF toe nie maar sjoe dit is ‘n mooi skool, mooi mense!

Mei maand bevestig ek dat Gerhard sal hokkie speel saam met die manne.  Die Sondag tree die manne ook aan.  Die kompeterende manne kan nie wag nie…  Gerhard leen Chaney se shin pads –  die pas oor die maermerries is ongemaklik styf.  Die game begin.  Oorgretig speel die manne.  Waar die 5 op ‘n kant is speel hulle sommer 8 op ‘n kant.  Die bibs sit soos boob tubes, kom nie oor die magies nie.

Met spoed kom Wilhelm van agter en Gerhard van middelveld en die goot botsing vind plaas. Twee manne van dieselfde span.   Wilhelm lê op sy naat van sy rug, Gerhard probeer opstaan… die hand skiet in die lug.. almal dink hulle grap .. water meisie kom aangehol… “Sussa! Ek het ‘n Medic nodig nie water nie”: Skree Gerhard.  Wilhelm se hand ook al in die lug vir hulp.  Gelukkig is daar ‘n dokter in die span en hy help om Gerhard se knieg terug te druk.  Voel vir pols, als lyk reg.  Wat ‘n man!  Hy gaan uit sy pad om Gerhard te help. 

Ek staan met kamera en neem die petalje af. Iemand vra of ek nie op die veld gaan draf nie.. my kennis is te min oor enige mediese onderwerp.  As ek nou opdraf is ek net die tweede water meisie… net ouer.. .Nee.. ek sal wag dat hy bedremmeld van die veld afkom.

So kom nog ‘n pappa- hokkie loopbaan tot ‘n einde.  Veertien minute van roem, ‘n doel geskiet en hulle span het gewen.   Die been en die lyf pyn.  Nie seker of die lyf pyn seerder is as die knieg pyn nie.  Onfikse manne moenie voluit rondhol op veld nie.

Swak tydsberekening.  Maandag oggend by kniegspesialis.  Hy sal kan vlieg en loop maar Januarie is dit operasie tyd.  So gaan ons nou Saterdag op die vliegtuig klim, ons gate uitgeniet op vakansie, terugkom en nuwe lewe in knieggies kry.

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog