Vandag het mense en wat hulle dink reg is my weer tot stilstand geruk. Die selfsug en die eie ek wat tog so belangrik is en so maklik die vinger wys na ander. Die trane het sommer gevloei so moedeloos was ek. Ek dink die hartseer het net meer geword toe ek besef dat ek die hele dag gemors het deur myself op te werk oor ander mense se aksies. Dit het my so ontstel dat dit my denke oorgeneem het. My menswees was beinvloed deur 2 mense se aksie. Hoe beskerm ek myself in die toekoms. My eerste woorde is NOOIT weer nie. My woorde aan my kind is dat ek nooit weer my alles sal gee om ‘n vrot situasie te verander na ‘n lekker onthou nie. Ek het sommer haar hartseer gemaak. Is jou mens wees so leeg dat jy net sit en wag tot alles klaar is en probeer iets wees, belangrik voel deur te kla? Is jy so ‘n lafaard dat jy my nie eens kan vra nie? Nou is my ruggie krom getrek van kwaad. My moermetertjie in die rooi.. my gewilligheid om weer te help nul. Deur jou aksie beinvloed jy nou 12 ander… hoe selfsugtig is jy nie. Ek sal seker weer goed word. Ek sal volgende keer seker weer hals oor kop inspring en probeer goed uitsorteer… en ja ek sal jou weer die geleentheid seker gee om agteraf te kla.. Al wat ek kan doen is om nou al jammer te sê vir jou! Nee wag… ek kry jou eintlik jammer. .
Sonskyn Elvis
4/6/2018 11:06:59 pm
Ek vind paar bottels shiraz uiterste handig in sulke gevalle... X
hannelie
4/7/2018 01:38:15 am
So waar.. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |