Op en af is ons gevoelens .. nou gaan dit goed.. oor ‘n rukkie is mens se emosies in ‘n warboel. Ek lees vandag ‘n Facebook inskrywing van ‘n persoon wat deur ‘n trauma was.. nogsteeds is. Haar woorde wat sy met haar oë uitspel: “Ek wil die ma en vrou wees wat ek was”… sulke eenvoudige woorde.. haar en haar gesin se lewe inmekaar getuimel deur die navolge van ‘n beroerte. My lewe aangeraak vir ‘n oomblik in tyd.. hartseer, verslae… maar ek het aanbeweeg.. onthou so elke tweede week om te vra hoe gaan dit nou.
Ek ry saterdag oggend verby ‘n tannie in ‘n rolstoel. My eerste gedagte is om te stop.. maar tog keer iets my… die LUS om betrokke te raak is weg… Stop ek, is haar problem myne.. ek ry toe verby.. maak of ek haar nie sien nie. Ek weet sy weet ek het haar gesien. Wat het van my hart van omgee geword? Ek skuil agter besig weg. Noudat ek ‘n voldag in die oggend wil indruk sodat ek my kinders kan rondry maak dat ek op myself gefokus is.. dinge wat my of my gesin raak. Gee my die krag om tyd te maak vir die werklike rede waarom ons die aarde stap. Maak my hart weer oop vir mense. Gee my die moed om te kan stop en te vra en te help. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |