Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Grys

7/3/2018

 
Picture
My rooikop kort ‘n salon besoek.  My hare groei nou uit onder die rooi.. maar waar dit gewoonlik vaal deurslaan sien ek nou net grys.  Ek kan ook nie die grys hare uit trek nie.. want dan gaan ek kaalkop wees.

Het jy geweet as dit koud is en jy oefen hard dat die sweet op jou kaalkop uitslaan – dan stoom jou kop.. ware verhaal.. baie bly ek het hare..

Wag my gedagtes dwaal vandag. 

Ek wonder wie het my nou grys gemaak.  Maar elke keer is dit maar net ekself.  My kwaai en my raas, my frustrasies slaan nou deur in my hare.  Die nader aan 50 maak dit ook makliker om te verduidelik.  My siel is jonk, maar my jare grens aan oud.

Ek sit gisteraand een kant en neem die poppe waar.  Ons gaan nou vir 45 minute ly.  Die oefen man met sy spiere dink mos ek is 20.   Die jong meisies kom in met hulle mooi oefen klere, vars gegrimeer.   Giggel en chattend.  Ek sit in die hoek.. gesiggie gewas.. hare agter oor ingedruk en wonder of ek nog kan ontsnap.  Na die 45 minute bly ek lê!  Ek wonder nog steeds of ek nie net moet ophou lekkers en chips eet nie.. dan sal ek gewig verloor.. 

Ek voel vandag soos ‘n dominee wat ‘n uur moet praat maar nie by ‘n punt kan kom nie.  My hare is grys en dankie tog vir my haarkapper.  My gesig vol plooie maar dankie tog vir die lag en die seer wat dit veroorsaak het.  My persoonlikheid nie altyd vriendelik nie .. dankie tog vir my vriende wat my ken en vir my lief is.  My lyf is styf en ek hou van eet.. dankie tog dat my man nog van my hou. 

Dink die ding waaroor ek die dankbaarste is is dat ek niemand meer hoef te beindruk nie. 


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog