Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Gevange

4/7/2020

 
Picture
Gehok, gevange.. ons almal by die huis. As ons huis skoonmaak dan verwens ek die spasie .. as ons almal besig is met iets waardeer ek die spasie.  Ons bly in klein estate.. net 13 huise.. kan ‘n seen wees .. maar ook nie!  Persoonlikhede verskil en hoe mens goed doen verskil.  Dit is nie waaroor ek wil skryf nie. Chaney en Charl probeer fiks bly vir die hokkie seisoen, ons bid hard dat dit wel gaan aangaan die jaar… was ‘n belowende jaar vir beide. 
 
Chaney het program by haar skool se sport kantoor gekry – so in die middae is dit my twee en die bure se twee wat aantree vir harde oefening.  Hulle hardloop van ons huis tot by hek (goeie 250 meter) en terug.  Hardloop trappe.. ek is gedaan net om na hulle te kyk.. dit gee hulle tog kans om buite te wees en asem te skep.. weer baie dankbaar.

My gesin eet ook elke ete… Ek moes altyd net vrydae tot sondae kosmaak.. en dan was dit met uiteet en wegneem etes besaai…   Kosmaak en skoonmaak.. is ‘n bose kringloop .. ons sal moet minder eet!!!  

Klink of ek net wil kla.. en dit is waar.. maar daar is soveel lekker ook.. ons braai nou weer en kuier saam.   Die kinders besef dat hulle ook deel is van die ratte wat moet draai, so hulle maak kamers skoon, was wasgoed en ruim kombuis op.    Ek en my man kan van huis af werk… en is baie meer produktief.  Ek voel of ek ‘n verskil maak elke dag om seker te maak almal is reg.  Die kids leer ook dat skool hulle verantwoordelikheid is en dat selfstudie hulle voorland is.  Dankbaar vir onderwysers wat bereid is om te help.

​Bly by die huis en bid vir krag om niemand te vermoor nie, vir wysheid om die regte goed te se en te glo, vir wonderwerk dat die virus sal verdwyn.  Ek daag elkeen ook uit om iemand te identifiseer om iets lekkers te doen vir die persoon.  Al is dit net ‘n oproep, of ‘n winkel trippie.. 

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog