Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Gedagtes sonder punt

7/13/2020

 
Picture
Blydskap, lag en dankbaarheid is ‘n moet vir elke dag.. maar vandag voel ek soos die weer.  My gemoed is swaar.  Lood is giftig en al die geluide en geraas sink vandag swaar in my siel af, dit vergiftig my denke dat ek nou ook kwaad is oor als.  Fout vind met reels.  Sommer net erg onge-ellie.

As ek so voel dan dryf my gedagtes na onnodige denke.. Het jy al gewonder as jy nou regtig in die moeilikheid is en hulp nodig het wie jy sal bel.   Wie van jou vriende sal als los en jou help?  Regverdig of onregverdig, ek het een van my naby vriendinne een keer vir ‘n guns gevra, dit was ‘n paar jaar terug .. ou koeie .. ek weet .. baie verskonings later .. ek sal nooit weer vra nie.  Ek dink nie eers sy onthou dit nie.. vir haar was dit net ‘n jammer dit gaan my nie pas nie, vir my was dit nood en ek vra nie sommer nie.. so as ek vra dan weet jy ek het regtig hulp nodig.

Ek het al so baie oor vriendskap geskryf maar ek sukkel om my hartsemosie in woorde te slyp.  Dit klink of ek slagoffer wil speel maar dit is nie my bedoeling nie.

Wat wil ek graag glo my vriende, kennisse sien in my.  Laat ek dit anders bewoord, wat dink ek sien mense in my.  Moeilik, eerlik, vinnig.. ek het lank gedink en ek wonder soms dat ek die werklike lag in die lewe begin miskyk of vergeet hoe om werklik te lag.

​Ek dink ek moet daaraan begin werk dat mense en hulle houdings, woorde en gedrag my nie pla nie.
Vandag skryf ek baie.. los gedagtes oor min… my boodskap vir myself is om weer te lag en net weer die lekker te sien in als.. dalk verander dit my donker hart.

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog