Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Erkennings-aande

11/2/2017

 
Picture
Outyd se proses was dat net die top 20 akademiese kinders vereer word of natuurlik as jy in die skool se premier span is.  Ons het ook eer getoon aan al die buite sportsoorte waar kinders vir hulle provinsie deelgeneem het.  Die koor en drama kinders was ook genooi  as hulle by die ATKV iets besonders gedoen het.  Ons moes nogal bewyse indien vir prestasies.

Gisteraand was dit tyd vir die nuwe formaat ereaand.  Omdat ons glo dat elke kind merkwaardig is probeer ons vir elke kind ‘n sertifikaat gee.  Daar is nou wel kategorieë van erkenning naamlik: deelname, mariete en prestasie wat toegepas word.  Die definisie van elkeen is gegee.   Dit is ongelooflik om die trots in elke kind te sien as hy of sy oor die verhoog stap na ‘n stewige handdruk van die onderhoof.

Die administrasie agter so aand kan nogal baie raak.   Ons as ouers word nou ingespan om ‘n vorm te voltooi waarop jy jou kind se bydrae merk soos per die kategorieë gespesifiseer. Dit word op vertroue gedoen want ons skool se fondamente is integriteit.

Soos van die kinders se sertifikate uitgelees word hoor mens baie verkeerde inligting.  Die onder 10 A hokkie span bestaan uit 6 kinders.. gisteraand was omtrent 18 in die A span..  Ek sit verstom.   Ek weet ek moenie so wees nie .. maar regtig .. vat dit dan nie van die outjie wat regtig in die span was die erkenning weg nie..   Daar is ander voorbeelde ook.
​
Dit bly net laerskool, dit is net ‘n sertifikaat… maar hoe kyk jy jou medeouer in die oog?  Ja ek weet van die span keuses is nie altyd reg nie.. dat jou kind dalk die beter speler was ... maar as hy of sy nie in die span was nie kan jy nie die prestasie eis nie.

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog