Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Emosies

6/19/2017

 
Picture
Hoe verwoord mens emosies.  Ons kinders word op skool geleer om emosies te erken en te verwoord… maar in die grootmens wêreld word mens soms gevra om nie altyd jou emosies te verwoord nie… want dit kan ander seer maak.

Die ou wysheid van dit is nie wat jy sê nie maar hoe jy dit sê kom weer by my op.  Ons dans soos hoenders op ‘n warm plaat rond… mens kan nie iets sê soos wat jy dit voel nie .. dit is verkeerd… so ons draai ons woorde in suiker toe… en verloor die ware emosie en gesprek.

My woorde is vinnig en bitsig… veral as die stress in die hoogte inslaan.  Ek slaan vas op ‘n onderwerp… en wil hê jy moet erken jy was verkeerd… wat maak dit saak?  Ek raak so vasgevang in die ooblik omdat ek dink ek druk myself nie goed uit nie… dat jy nie verstaan nie… ek herhaal myself oor en oor.  Ek vermors my energie, my woorde… 

Elke keer na ‘n voorval van verskil.. herkou ek die gesprek.  Besef waar ek verkeerd gegaan het.  Al wat ek kan doen is om bewus te wees.  Na die tyd terug te gaan en verwoord hoekom ek so moeilik geraak het en dan te luister… so met die luister kom daar gewoonlik ‘n oplossing wat almal gelukkig maak. 

As ek verkeerd was sal ek onverskoning vra… genadiglik het ek dit in my… Die les wat ek nog moet leer is al dink ek, ek is reg.. maak dit nie saak nie…  Haal asem, staan terug,  luister en hoor die persoon.  Probeer  ‘n middeweg vind wat aanvaarbaar is vir almal.  Ek gaan nie jou krisis oorneem nie… maar ek sal jou help om ‘n oplossing te vind. 


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog