Die jaar is lank, die geduld op en die menswees kortaf en moeilik. Enige klein ding kan ‘n afset wees vir ‘n skree of uitval. My gedagtes val by my mond uit sonder die wag wat dit soms toeverf of die mes steke verbloem.
Nou wonder ek watter stempel ek op jou druk as ek my frustrasie nie op hok kan hou nie. Skuldig of onskuldig, verdiend of onverdiend. Loslappies van gedagtes maak ‘n lappieskombers. As mens terugstaan dan lyk dit of een stukkie lappie nie pas nie, maar dit is daar.. lostrek is baie werk. So ook is ons verhouding stukkies van aksies en interaksies, om dit ongedaan te maak is baie werk.. so wees versigtig wat jy gebruik in jou verhoudingskombers. Ons woorde het groot impak, so ook ons houding en ons aksies. Ek kan deesdae so maklik my kop skud of dalk my oe rol. Dink soms ek gaan ‘n oog verloor soos wat ek dit kan rol. My geloof en maniere is nie ‘n ander se geloof of manier nie. Ek is nie reg en hulle verkeerd nie. Ons moet mekaar spasie gee om te leef en te dink soos wat ons oortuigings is. Die jaar is lank, selfs goed waarvoor ek lief is raak uitdagend… sukkel om ‘n boek gelees te kry, moeite om my kamera op te tel. Woorde kom stadig.. voel soos opstel skryf. Tyd om te rus Mag 2021 vir almal ‘n sleutel gee om julle hartsbegeertes oop te sluit. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |