Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Ek, verskonings en tyd!

1/27/2017

 
Picture
Bel vriendin en eerste ding wat ek sê is jammer ek het nie vroeër gebel nie maar ek was verskriklik besig.  Regtig van Niekerk?  So besig dat jy die afgelope 2 maande nie 5 minute spaar gehad het om haar te bel nie?

Wonder of ek nie dalk belangrik voel as ek vertel hoe besig ek is nie.  Ek het nou gesit en dink oor al die minute wat verbygaan wat net leeg is nie.   Die week het ek behoorlik op en af gery agter kinders aan, ek wil nie hê hulle moet vir my wag nie so ek is altyd vroeg… so dan wag ek.   Ek staan en wag in ‘n ry om iets te bestel of te betaal.   As ek alles op tel is dit ure se leë tyd. 

Die vraag wat ek nou moet beantwoord is wat maak ek met die leë ure?  Die antwoord is speletjies op my slimfoon.   Waarom nie die tyd gebruik om op te vang met ‘n geselsie met ‘n vriendin of familie nie.. en nee.. whatsapp is nie gesels nie van Niekerk!

Ek het nie besef hoeveel tyd my foon met sy belaglike speletjies, Instagram en FaceBook eintlik opvat nie en hoe afhanklik mens is om  altyd aanlyn te wees.. beskikbaar.  Almal in ons huis het slimfone behalwe my 9 jarige – die reël is dat mens aan die einde van graad 4 ‘n foon mag kry.  Op ‘n stadium het hy hard baklei met ons en ons daarop gewys dat ons nie praat nie.. hy voel uitgesluit want ons deel foto’s op ons groepies.  Net daar en dan het ons weer die reël afgestof van los jou foon.  Praat met mekaar.  Geniet mekaar se geselskap.
​
Ek gaan vandag begin om weer te bel, te praat.. al is dit vinnig en net hoe gaan dit.  Ek gaan my leë tyd gebruik om met jou te praat.  

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog