Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Ek mis jou!

8/10/2017

 
Picture
Elke dag word jy ouer, wyser en meer onafhanklik.  Ons verhouding is anders  Ons manier van gesels is anders.  Met grootword kom keuses.  Jou keuses beinvloed wie jy gaan wees.  Persoonlikheid kan mens nie Photoshop nie skryf jy op Instagram .. so waar.  Jou liefde en omgee vir ander, vir diere omvou jou. Dit maak jou jy!

My hart in my keel toe ek jou vasdruk en groet.  Die langverwagte toer het begin.  Ek los jou in die hande van mense asook by die voete van onse Vader.  Ek vra vir ‘n engel om langs jou te bly en jou op te pas.  Wagter te speel.  Jou en jou span maats te beskerm.

Ons gesin voel anders, ons ritme is uit.  Jou plek by ete is leeg, jou kamer se lig bly af.  Stellie die hond weet nie wat sy moet doen nie.. sy soek jou orals.. huil by jou venster..   Ons verlang na jou!

Dankie vir fone, ek kan jou nog nag sê en hoor of jy nog als het.  Wil so graag als hoor!  Ek weet jy wil nie nou met my gesels nie.  Jy wil nou lewe,  elke oomlik leef en beleef.  Saam met jou maats onthou oomblikke bou.  Daar gaan nog baie tyd wees as ons jou weer sien om al die stories te hoor en saam te lag.
​
Die realiteit is dat tyd saam met ons minder en minder gaan word.. want jou vlerke is amper gereed om te vlieg.  Dat onthou oomblikke saam met ander gemaak gaan word.  Onthou net dat jou plekke altyd by ons sal wees.  Al is dit net om te rus vir die volgende avontuur.

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog