Ek is ek , wonder ek wat is ek se plek? Geraas, musiek, woorde vul my kop op spesifieke oomblik in tyd. Maak dit sin en maak dit saak? Wat se onthou maak vandag vir more of vir later?
Weersin waansin wonder wat? Pad vol kronkels en soms groot klowe om te kruis. Wie sal my dra as ek val of struikel. Christene om ons gevallenes wat net oordeel. Rebel is ek, as jy my heeltyd onthou van jou geloof wonder ek hoekom ek dit nie sien in jou betaan? Kleintjie dood aan die gewoontes van ons heiliges op aarde. Ek verkeerd, oordeel ek nie ook? Wat gaan ek oes wat ek vandag saai? Doelbewus of onbewus. Ek en jy , jy en hul en saam is ons ‘n ons. Is ons so swaar soos ‘n ons of so lig soos ‘n veer? Gebore, groot en dood… arm ,ryk en niks. Soms loop jou pad die arm pad. As ek dink aan arm dink ek aan geld, besittings maar dit nie waar.. arm is die bewusteloosheid wat ons tref dat ons nie besef dat ons iets groots mis! Nie almal hou van almal. Moenie voorgee .. stap weg… Wat het die afgelope tyd my geleer? Het ek iets beteken vir iemand of vir iets? Of het ek net my eie bestaan beskerm en probeer beheer? Ek is ek... maak my vry en nederig! Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |