Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Eer jou vader en moeder

9/18/2017

 
Picture
Dit staan so in ons Bybel.  Eer is ‘n interessante konsep.  Eer se definisie is om met respek teen jou ouers op te tree. 

Respek word verdien en nie net gegee nie.  Dit is wat ek my kinders leer.  Die Bybel sê sonder dat jou ouers dit verdien moet jy hulle eer.  Dit is ‘n direkte opdrag.   Ons mensdom kan tog so gou verwaand raak.  Wat is prioriteit in jou lewe?  Mag? Geld? 

Nou vra ek, verdien jy respek?  Jy wat jou pa amper slaan… vloek en skel?    Jy wat jou ma afmaak en sleg sê.. kyk in die spieël?  Op watter fondament is jou geluk gebou?   Is jou lewe nie ook maar gevul met die goed  wat jy nou so veroordeel nie…  Jy wat jou ouers nie wil ken nie omdat hulle sulke slegte ouers was.. kyk in die spieël.. wat dink jou kinders van jou?  Watter rol as ouer speel jy?  Kan jy sulke klippe gooi en onskuldig staan? 

‘n Ware gelukkige mens is die mens wat al verloor hy alles, mag, geld en gesondheid,  hy nogsteeds die liefde het van die mense wat hy as sy naby mense beskou… dink diep of jy die voorreg het van die ware liefde.

Ons almal word ouer.. hopelik word jou woorde nie die woorde wat jou kinders vir jou eendag gaan sê nie.  Tyd bring insig.. maar kan ook eensaamheid bring.   Moenie wag totdat dit te laat is nie. 

​Gedrag en woorde kan vergewe word… moenie dat skuldgevoel jou in jou ou dae gaan opvreet nie… Maak jou los van dit wat jou vreet van binne en leer om te aanvaar, lief te hê en gelukkig te wees.. werklik gelukkig…  

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog