Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Die voue en lyne op my lyf

7/21/2017

 
Picture
Begin vir my al hoe meer voel dat elke keer as ek in die spieël kyk daar nog ‘n plooi bygekom het.  Die ogies in die oggend is ook elke oggend meer pof.. lyk al soos ‘n opgepofte padda.

Is dit tyd vir jonger word.. sny?  Botox?  Nee wat elke lyn, elke plooi het sy eie storie.. party gemaak deur baie lag.. ander deur baie frons en sommige net die hartseer van die lewe wat ‘n merkie kom maak het.

Littekens is bewysstukke dat mens lewe en oorleef het om die storie te vertel.  Die sny lyn op my voorkop is die verhaal van ‘n vriendin wat so baie omgegee het vir my dat sy aanhou karring het totdat ek by ‘n spesialis uitgekom het en hulle dadelik die kanker uitgesny het.  Van gat in voorkop tot sny.. my wenkbroue wat nie meer align nie.. maar dit maak my ek.

Die merke op die knië vertel van val en weer opstaan.  Letterlik en figuurlik.  Die plooie langs die oë is ‘n bewys van baie lag en my frons lyn ‘n bewys dat ek ook mens is en kan kwaad of ongeduldig word… of dalk is dit net my dink lyn… my konsentreer lyn.
​
Party stories het ek al vergeet, ander sal altyd daar wees.  Kyk diep na jouself en moenie bang wees om te onthou nie…  want uit onthou kom leer… hoe om dit beter volgende keer te hanteer, te doen.. of hoe om dit weer te doen want dit was so lekker.   Wees lief vir die ouer jy… aanvaar wie jy nou is… lag vir jouself sodat jou lagplooie jou frons plooie se plek inneem.
Lynnette
7/21/2017 02:10:17 am

Kon nie meer saam stem nie! Pragtig gesê.


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog