Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Die seën van reis

12/10/2016

 
Picture
Orlando was ons vakansie met sonskyn en spasie, en toe kom die reis gedeelte toe ons New York en London aandurf.  Ons siele kry koud.  Ons tone vries af die eerste dag, boer maak ‘n plan deur dubbel kouse aan te trek.

By Ground Zero voel mens die gewydheid aan van gebeure lank lank terug .  Die wete dat God teenwoordig is kan geen terrorist ooit verwag het nie. Die gat wat geskep is deur wreedheid gee ons net weer die besef dat mens vir nou moet lewe, dat mens moet diep liefhê en reg maak wat krom is.   Die lewe is kort en mens moet reg wees om te gaan en te laat gaan.

Kersdag spandeer ons saam met ons vriende.  Lank terug gesien maar die gesels word net weer opgetel.  Ons lewens, ons denkwyses so verskillend maar respek en liefde bind ons saam. Ek is bevoorreg om hulle ons vriende te noem.  Nederig om die geleentheid te hê om saam Jesus se geboortedag te vier.  As ek nou weer moes beplan sou ek korter in New York gebly het en langer in Newtown.  Die totsiens was hartseer.  Sal moet kyk en beplan dat ons 3 gesinne dalk volgende keer in Melbourne kan ontmoet vir nog ‘n kuier saam.

London het sy eie verrassings ingehou.  Om die familie te sien was heerlik. My kinders is gek oor hulle niggies.  Die paleise is indrukwekkend maar vernuweling kort in die tradisies.  Die koue, die nat, en die klein was ‘n aanpassing.   Verwondering oor die ou geboue en die lewe van jare terug.

Ons sien en beleef baie.  Ons  het gevlieg, trein gekry, bus gery, boot gery en underground.  Dit was ‘n belewenis.  Ek kan lekker in Afrikaans vertel hoe ongeskik die locals is en niemand verstaan ‘n woord nie.

​Moet nooit ‘n ander land sleg sê nie want dalk net dalk land jy daar. Moet nie jou geboorteland afskryf nie, want dalk net dalk het sy jou nodig.  Hou jou vriende en familie naby en wees lief vir hulle.

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog