Hoeveel keer staan ek stil en neem net waar. Sonder verwagtinge.. die gevoel in mens se lyf is een van bang.. hoe klein is ek .. hoe groot is alles om my… die kleintyd vra oor hoekom is ek gebore, my naam Hannelie, hoekom my talente.. en nog baie ander… dit maak mens bang… mens voel so klein.
Vrydag aand moet ek besluit – ry ek langpad om of gaan ek hoofweg vat. Ek klim in my kar en ek besef ek ken nie die paaie nie.. dit is donker.. so ek sit google maps aan en dit vat my N2 toe.. en dan die gevreesde R300. Ek duidelik gespanne.. my instruksies duidelik vir my kind.. maak vas en le laag. Kop mag nie by venster wys nie. Ek hoor die paniek in my stem.. hy verstaan nie wat bande brand, klippe gooi en optogte beteken nie. Al wat ek weet is ek stop vir niks… ek sal oor alles ry… die grys kar se neus staan huistoe .. my voet swaar op die petrol. Sonder enige voorval ry ons maklik huistoe. Hand van beskerming oor ons gevou. Ek besef ook hoe ons bang gepraat word. Ek self het my kind bang gepraat omdat ek bang is. Mense wat hou van kwaad stook wat sosiale media gebruik en ou fotos rondstuur. Wat vals nuus verkondig. Hoor my mooi… ek weet daar is voorgevalle… mense wat baie seer gekry het al deur die hande van mense wat geen gesag het vir die lewe nie. Ek weet ook dat die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners goeie mense is. Mense met groot harte wat enige iets vir jou sal gee en doen Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |