Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Dankbaar

10/26/2022

 
Picture
Ek sien dit baie, hoor dit baie maar elke keer is ek verstom.   Mensbande, mag dit nou vriendskap of familie bande is, is skaars.  Ek het die afgelope ruk hard gedink oor wat vriendskap is en kom maar altyd uit by iemand wat vir jou lief is.  Liefde is ‘n term wat baie dimensies het en baie vlakke.  Die een dimensie wat by alle definisies pas is die respek wat jy vir iemand wys.

Respek is ook ‘n term wat deur elke persoon anders ervaar en uitgeleef word.  Ek sê altyd respek word verdien.  Ons is so maklik om vinger te wys maar verdien jy respek?  Hoe is jou hart as jy van iemand praat by ander mense?  Dink jy, jy is beter as iemand, slimmer, mooier.   Dink daar is tog in elkeen van ons die afguns, hoogmoed wat jou aksies regverdig.   Makliker om iemand te oordeel, sleg te praat, neer te sien want die vrees dat hy of sy dalk beter is in iets is, is te groot.

My eie hart is ook maar swart en vol emosies oor sommige bande.   Van verhale van twis.  Oordeel oor foute, foute wat jy ook maak.   Ek sukkel om die hard, ongenaakbare koue manier te verstaan.   My hart is stukkend vir die trane wat ‘n ouer oor sy kind huil en jy kan net troos. 

Ons kyk fotos en sien lekker tye.  Dan laat ‘n foto weer emosies van verslaentheid in jou omvou.  Geleende goed wat ander se eiendom word.  Ek bid dat die god van aardse goed my nie eendag opvreet nie… en so oordeel ek alweer.  Ek bou my mure en sit wagte van harde woorde voor elke plek wat dalk kan kraak.  
​
Ek vra myself oor die titel – danbaar.  Ek is dankbaar dat ek vir iemand kan wys dat ek hom respekteer.  Ek is dankbaar vir mense in my lewe wat my raaksien vir die persoon wat ek wil wees, nie altyd is nie, maar wil wees.   Die goue reël van elkeen is uniek en het mooi en lelik.  Kom ons juig oor mekaar se mooi en vergeef mekaar se lelik.

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog