Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Damus/ Ons gee

8/31/2017

 
Picture
Elke skool het sy tradisies selfs al is die skool nie so oud nie.  Eversdal Laerskool is nou 41 jaar oud .. maar van die eerste jaar het hulle speletjie aande gehou en vannaand is ons bevoorreg om ons agste jaar deel te wees van die tradisie.  

Die eerste 3 jaar van elke kind hang ons as ouers maar rond.  Maak seker  hulle is gemaklik.  Ons werk saam met ander ouers by die stalletjies.  My oudste is net ‘n gas by Damus die jaar en die jongste het sy maats gereël so hy het nie sy ma en pa nodig om om hom te hang nie.  Die omgewing is bekend en veilig.

Ons leuse is Damus wat ons gee beteken.  So die aand is ‘n geldinsamelingsprojek.  Die verskil is die geld word gebruik om te gee.  Gee vir mense wat dit meer nodig het as ons in ons klein gemeenskap.  Fokus is op ander en nie op jouself nie. Die kinders praat oor die rede vir die aand.  Besef dat daar mense is wat nie altyd het wat hulle het nie.  Bewusmaking, die leer om te verstaan maak ons groot met hande wat regstaan om te help en harte wat omgee.  Mag ons harte sag bly al woed die wêreld om mens om jou hard te maak.  

​Die tema van die aand is PRET!!!!!  Die kinders is van vroeg al opgewonde en kan nie wag dat die aand geopen word deur die hoof nie.   Sy woorde kies hy altyd met wysheid,  beklemtoon die feit dat almal dit moet geniet en uit ons seëning seën ons ander.   

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog