Ek lees ‘n blog van ‘n mamma gister oor boelie en hoe mense nie moet daal na die vlak van die boelie nie.
My seun is geboelie en ons het ook heeltyd vir hom gesê om weg te stap, te ignoreer en ja selfs om vir die juffrou te vertel. Niks het gehelp nie. Die boelies het net aangehou. Tot een dag toe kan ek nie meer nie. Dit is toe wat ek vir my kind leer hoe om ‘n boelie met woorde te antwoord. Harde woorde, seer woorde. Hoe om sterk te staan as ‘n boelie stamp, stoot en selfs slaan. My woorde aan my kind was slaan terug.. torso.. geen merke nie. Ek het ook my kind belowe dat ek agter hom sal staan en saam met hom sal staan by die skool as die boelie gaan kla. Boelies is lafaards, met die opstaan teen hulle het die boelie gestop. My kind is nou gelukkig, het lekker maats. ‘n Mamma van een boelie het my kom aanvat en ek het ook opgestaan vir my kind en haar vertel wat haar kind eintlik is. Engel voor almal maar boelie agteraf. Sy het my nie geglo nie end it maak nie saak nie. Die kind is nie deel van ons lewe nie. My ervaring en advies is heeltemal anders as wat die boeke skryf en glo my ek het al die boeke raad gevolg. Elke ouer probeer hard om kinders te beskerm. Moenie ophou gesels met jou kind nie, moenie ophou om in hulle te glo nie. Leer hulle om vir hulself op te staan maar staan agter hulle om hulle te vang. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |