Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Bly in jou baan

2/25/2019

 
Picture
Suid Afrika is my land, dit is ‘n land van sonskyn!  Voorwaar ‘n reënboog nasie so deurmekaar gegooi.   My land het ook sy seer.  Van die seer word nou gedokter deur pleisters op te plak.  Die seer bly daar.. die pleister help nie vir enige een betrokke nie.

My emosie word ook beheer oor wat ons sien, wat ons glo en wat mense om jou, jou wys maak.  So hardloop my dogter die naweek 100m.  Vrydag aand doen sy baie goed en gaan deur na finaal.  Ons hou ons asems op by finaal.  My kind hardloop haar bene styf.  Derde of vierde – nie seker nie.. maar sy kry nie ‘n token van die beampte nie.  Sy gaan vra en al wat hulle vir haar sê is dat sy gediskwalifiseer is.  Stuur haar terug en die antwoord nou is dat sy uit haar baan getrap het.  Nee, video bewys kan nie gebruik word nie.  Al wat oorbly is aanvaarding, die stadiger kind het haar plek gekry.

Dit is nie die eerste keer nie en dit gaan nie die laaste keer wees wat ons land se seer my kind gaan affekteer nie.   Ons is gewaarsku dat ons voorvaders se sondes deurgetrek word na die vierde geslag.  So ons het nog ‘n paar geslagte om te gaan.  Hopelik kry ons tussenin vergifnis vir mekaar, verstaan hoekom mense sekere dinge sê en doen.


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog