Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Bid

4/6/2017

 
Picture

As jy bid moet jy spesifiek wees.  God weet alreeds wat jy wil vra maar Hy wil weet dat jy dit kan verwoord.  As ek vra om vergifnis kan ek nie net so in die algemeen vra nie, ek moet presies sê waaroor ek jammer is.. dit gee my dan tyd om te dink oor wat ek gedoen of gesê het en hoekom ek jammer is.  Soms is ons jammer omdat van ons verwag word om jammer te wees.. eers altyd goed om te dink …  presies te wees.

So is ek vandag by Shiloh en een van die vrouens vertel dat hulle in hulle oggend gebed baie spesifieke behoefte gehad het en ernstig in hul gebed gevra het.  Baie spesifiek.  Net voordat ek daar instap kry sy SMS van ‘n weldoener wat vra of hulle ‘n behoefte het en gee die detail.  Dit is presies soos wat hulle gebid het die oggend.   Groot wonderwerk.. Hoe ongelooflik is ons God?  Hoendervel slaan oor my lyf uit.  Haar getuienis is eenvoudig en eerlik.. God voorsien… jy moet net bid en glo.

Sosiale media gons oor die optogte en protes teen ons regering.  So tussen die aansporing, kry ek  vandag van ‘n kerk ‘n advertensie. Die kerkgebou word oopgemaak vrydag oggend – die dag van protes, ek en jy word uitgenooi om saam te bid vir ons land, vir alles wat verkeerd is. 

Kom ons protes saam  deur te bid oor wat verkeerd is.. ons vra ons God om ons te lei, om ons te help.  Bid dat ons motiewe reg is.  Ons moet bid vir regverdigheid en vir geregtigheid.  Oppas om te bid vir eie gewin.  Terwyl ons biddend staan… onthou om te bid vir reën… baie reën veral oor die damme se opvangsgebiede. 

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog