Donker rook van tyres brand hoog..woede borrel … alles in hul pad word gebreek, gebrand. Ons land is op sy kop. Mense word opgesweep. Emosies hardloop hoog… Moord/ Dood dreigemente word gesing.. ek is bang! Hoe beskerm ek my kinders dat hulle nie ook saam met die grootmense die haat hulle eie maak nie. Hulle is nog jonk… verstaan nie altyd nie.
My vrees is GROOT! Ek wil weg hardloop. Oor begin in ‘n ander land. Het dit vir ons tyd geword om ons land te groet? Media wys die ergste.. die wreed.. maar dit is nie oral so nie. Daar is baie hande waat saamstap.. ongeag van kleur, ouderdom of skatte. My reënboog nasie is voos gesukkel. Leë beloftes van presidente wat mag en geld najaag laat ons desperaat optree. Ongelooflik hoe mense mekaar beinvloed. Die ergste, die wreedste word gedeel en stertjies word aangeheg. God, my God.. maak ons land heel. Hou U hand oor elkeen in Suid Afrika .. ongeag hoe die persoon van buite lyk. U ken ons harte.. werk in ons dat U LIEFDE deur ons skyn. U het self gesê dat Liefde alles kan verdra.. maak ons gewillig om dit vrylik uit te deel. Mag ons woorde positief bly, mag ons dade U verheerlik. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |