Sulke interesante woorde. Ek het die afgelope ruk weer die mensdom van ‘n kant af begin dophou en selfbehoud, selfsug is maar die noose wat ons almal wurg. Voer een so stukkie lokaas en jy sien voor jou die omvou van skinder en magspeletjies.
Mense smag na aandag. Die vuur word gestook deur skinder en stories wat sterte kry. Drama word in die lewe ingebring deur vriend en vyand. Woorde word verdraai om beter in te pas by jou storie. Dreigemente word gemaak, nooit direk nie, op sosiale blad sodat almal jou kan jammer kry, die verontregte. Die sad van dit is dat die gewoonlik die sterte van stories is wat jy glo en jou eie maak sodat jou seer nog seerder word. Die dreigement dat hy of sy jou lewe kan verwoes, en as mens in hulle glaskas inloer dan krimp mens se hart van jammerte. Ek moes al in my lewe damage control doen en die persoon wat in magsposie is waarsku dat iemand ‘n mes vir my in het, kinderagtig wel... eintlik onwerklik. Almal het talente en daar is party mense wat net beter, slimmer, meer talentvol, mooier op die oomblik is, gun hulle dit. Dit maak my of jou nie slegter nie. Dit maak hulle net anders. Ek bewonder mense wat hulle self of hulle kinders bemark. Daar is altyd ‘n storie oor hulle prestasies, of opinie oor hulle talente. Dit pla my eintlik glad nie maar as mens ‘n ander een moet afbring sodat jy of jou kind kan goed lyk dan begin dit my nogal pla. Die hand om die blaas met afrigter, bestuurder of sommer mede mense sodat jy ‘n gehoor het vir jou stories.. solank jy of jou opinie gehoor kan word is jy gelukkig. Jou agenda gevolg word. Lang stories, en voordat al my vriende vra, ek is ok. My punt vanoggend is staan stil en voordat jy iets glo wat jy hoor .. wonder oor die motief. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |