Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Seën

12/8/2022

0 Comments

 
Picture
Wanneer laas het jy iemand geseën met jou askies, jou woorde, jou omgee?

Ek het weer die week lus gehad om iemand se knie skuifies in te skop dat dit sou lyk of hulle in tru-rat is as hulle loop.  Kopseer kwaad oor mense se ‘entitled’ houding, in hulle kop die reg om op iemand te trap, iemand uit te sluit.   Die houding van ek is slimmer as jy, mooier, maerder.. wat ookal jy jouself op beroem.  Ek praat nou van Christen mense. 

Daar gelaat, as ek meer skryf gaan my hart net swarter word.  Daarom die titel van seën. 
Ek lees nou ‘n aanhaling op sosiale media: ‘ As iemand jou beledig, stop vir ‘n oomblik.. en vra die persoon of hy okay is.’  Ek sal dit moet inoefen.  My geaardheid is vlambaar.. so om te stop vir daai oomblik gaan inspanning kos.  Die effek gaan dit die moeite werd maak.

Die jaar was vol en as ek terug dink dan onthou mens die minder lekker dinge, huis wat gebrand het, my ma wat oorlede is, die familie sages. Vriende sages.  Mens moet die lekker begin neerskryf want anders vergeet mens.  Uit elke sleg is daar goed, my huis se dak is nou splinter nuut, huis is geverf en dit lyk netjies.  My pa is nou naby my en ek leer elke dag iets nuuts van hom.  My gesin is volgende vlak oulik, al bereik ons nie altyd ons drome, doelstellings nie. 

Ek het die seën op my vriendinne uitgespreek en mag jy iets in my woorde vind wat jou sterk gaan maak vir 2023.
 
Ons harte is soms seer
Dit wat om ons gebeur laat ons verstom, soms goed soms sleg
Maar elkeen van julle is spesiaal
Vriendskap se fondasie is respek, die stene liefde, die sement geduld, die bedrading vergifnis en die dak omgee.
Seën vir 2023
0 Comments

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog