Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Merke op die jaar kalender

12/9/2018

 
Picture
Daar is sekere mylpale op die jaar se kalender wat mens se brein inneem en dan voel mens die verandering in mens se lyf.  Die naweek se gebeure was die laaste verbintenis vir ons.  Ons is in die laaste week van moet doen .. dan begin die vakansie!  Dan is dit die wil doen lysie wat uitkom.

Tegnies is ek nie akkuraat nie.  Ons het nog ‘n lys van moet doen takies by die huis.  Ons huis onderhoud lysie het dringende aandag nodig.  Maar dit voel tog of dit my keuse bly – ek het nie bevestig en betaal om dit te doen nie.  As ek daarby uitkom is dit ‘n bonus.

Hierdie tyd is ook my tyd vir voorraad opname.   Ek wil nie die 31ste staan en wonder nie.. ek glo ook nie om vir my ‘n lys van dinge te maak wat ek moet doen die volgende jaar nie..   Ek vat nou se tyd om te besin.. wat het ek afgeskeep wat skade gemaak het.  Wat het ek te veel oor bekommer en my tyd gemors omdat ek dit nie kon verander het nie.  Wat het ek reg gedoen, moet dit vasmaak in my geheue sodat ek dit nie vergeet nie.

Daar is ‘n ton goed wat ek my tyd en asem op gemors het.  Bespiegelinge en donderweer in my hart oor onregverdigheid.   Die jaar het sy hartseer gebring wat merke gemaak het.  Maar die merke het salf ook gekry deur verstaan en vergewe.  Ons het lekker gelag en lekker dinge beleef.  My kinders het my baie trots gemaak in hulle ywer om te leer en te groei.   Daar is ook dinge wat my skaam gemaak het maar ek vat dit as leer kurwes.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog