Met groot oë en opgewondenheid in ons lywe is ons verwagtinge altyd hoog. Lewe… mense gebeur en die teleurstelling kan nogal groot wees as jou oorspronklike verwagtinge nie bereik is nie. Hoeveel keer het ek al ongelukkig geraak omdat mense … die lewe… my teleurgestel het?
Ek voel seergemaak, maar in die persoon se gedagtes .. hart is sy seker ook seergemaak. Wonder hoeveel kruisies het ek al versamel in haar swart boek? Het ek seker gemaak dat wat ons ookal verwag van die ander persoon realisties is? So baie al die tema aangeraak … ek staan vandag en ek weet dit is my harts probleem diep binne my siel wat nog diep wonde sny. Ek staan op die wal van 2017 en 2018 gaan ‘n jaar van omgee wees, maar ek gaan suinig wees. My kring gaan ek bietjie nouer maak. My mure sterker vir die wat ek so lank toegelaat het om my te misbruik. Ek dink hard vandag maar soms is dit tyd om te laat gaan sodat daar plek is in mens se lewe vir ander mense.. vir ander ervarings. Ek rou vandag. Dit is vir my swaar. Dit is lekker om benodig te word. Ek het alle bande losgewoel sodat ons paaie verder kan skei. Vee my naam uit op jou gebruiklysie. Ek is nie meer beskikbaar nie. Ek voel vry… verlig! Vandag was ek sommer wild. Het op my sosiale media profiel mense uitgeskakel wat my nie in persoon groet nie… dieselfde reëls wat ek vir my kinders gee geld ook vir my. Mag jou manier waarop jy mense hanteer jou Godsdiens eer. Mag jou oordeel oor mense sag word deur God se genade. Mag my reaksie op jou oordeel vol liefde wees maar sterk in grense. Wees beskikbaar op die oomblik… sit weg al jou elektroniese toestelle en wees daar vir mekaar. Deel jou siel met iemand! Laat die wete dat ons God Kersdag vir ons gegee het dat ons ons harte kan oopmaak om Sy liefde en vrede te ontvang. Mag God jou seën sodat jy ander kan seën.
Maak jou hande beskikbaar vir Sy diens. Rus lekker, kom terug met vol tenks sodat 2018 jou jaar kan wees! Hannelie Ervarings maak my ek! Ek haat winkels! Veral Kerstyd is daar net te veel mense… te min spasie… niemand in die winkel is gelukkig nie… ons stamp en stoot aan mekaar met dikbekke en ongeduldige bewegings. So vrydag het ek die ervaring gedeel met my medemens toe ek gaan inkopies doen het vir die braai by die van Niekerks. Ek moet ook op en af ry… want iemand het die hel se deur oop vergeet .. so die kwik draai by rooi warm hier in die Kaap.
Almal is verskriklik besig. As mens met mense praat is hul dagboeke oorvol met goed wat niemand eintlik wil doen nie. So maak ek toe ook in my vriende se dagboeke ‘n datum vas om laaste keer net asem te haal en te kuier. Finale reëlings word getref en ons van Niekerks staan gereed om te onthaal. Die engelse woord ‘entertain’ laat my giggel… as jy by my kuier entertain ek jou nie… ek doen my bes om jou gemaklik in my huis te laat voel . Of jy dit geniet .. wel dit hang net van jouself af . Ons aand is ‘n mengelmoes van mense. Persoonlikhede oor die hele spektrum. Idees en passies verskil hemelsbreed. Daar is ‘n verdeel die aand tussen die mans en vroue… die vrouens sit netjies in ‘n ry af teen een muur en die manne aan die anderkant. Hoe nou gemaak? Omdat daar baie mense is groepeer mense hulleself. Soos die aand oggend word gebruik ons musiek om die mense weer een te maak. Gunsteling liedjies word geluister. Van groepies tot groot groep gesels ons lekker.. almal deel in die onthou jy nog onthou van lank terug se lekker vry/kuier/dans liedjies. Elke liedjie bring ander herinneringe op vir elkeen van ons. Dankbaar dat ons mense het wat wil kom kuier en saam met ons herinneringe bou. Kaap is ‘n warm plek veral die periode oor Desember tot Februarie. Die naweek weer verbrand omdat ek nie ordentlik kan sonblok opsit nie.
Die son en die hitte het my weer laat glimlag, so paar jaar terug trek ‘n baie goeie vriendin van my van Johannesburg na Durbanville. So in die hitte kom hulle hier aan en haar eerste taak is om waaiers vir die huis te koop. Sommer die staan waaiers. In Johannesburg is daar ‘n winkel wat al ons elektriese goed verkoop. Vinnig kry sy die nommer van die winkel ook hier in die Kaap. Sy bel en die dame is nie baie behulpsaam nie.. maar sy trek dit toe by haar uit dat daar een waaier is en ja die waaier werk. Spoedig is my vriendin in haar kar en jaag na die winkel toe.. Ja, die winkel het ‘n waaier.. soos gesê is daar net een.. dit staan op die toonbank en waai die dame koud by die DVD winkel. Groot misverstand. Selfde naam maar verskillende tipe winkels. Hoe baie kry ons nie ook die verkeerde boodskap nie. Uit ons ervaring maak ons afleidings. Ons raak kwaad of ongeduldig op grond van ons afleidings. Sonder om seker te maak dat ons afleidings reg is. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |