Orlando was ons vakansie met sonskyn en spasie, en toe kom die reis gedeelte toe ons New York en London aandurf. Ons siele kry koud. Ons tone vries af die eerste dag, boer maak ‘n plan deur dubbel kouse aan te trek.
By Ground Zero voel mens die gewydheid aan van gebeure lank lank terug . Die wete dat God teenwoordig is kan geen terrorist ooit verwag het nie. Die gat wat geskep is deur wreedheid gee ons net weer die besef dat mens vir nou moet lewe, dat mens moet diep liefhê en reg maak wat krom is. Die lewe is kort en mens moet reg wees om te gaan en te laat gaan. Kersdag spandeer ons saam met ons vriende. Lank terug gesien maar die gesels word net weer opgetel. Ons lewens, ons denkwyses so verskillend maar respek en liefde bind ons saam. Ek is bevoorreg om hulle ons vriende te noem. Nederig om die geleentheid te hê om saam Jesus se geboortedag te vier. As ek nou weer moes beplan sou ek korter in New York gebly het en langer in Newtown. Die totsiens was hartseer. Sal moet kyk en beplan dat ons 3 gesinne dalk volgende keer in Melbourne kan ontmoet vir nog ‘n kuier saam. London het sy eie verrassings ingehou. Om die familie te sien was heerlik. My kinders is gek oor hulle niggies. Die paleise is indrukwekkend maar vernuweling kort in die tradisies. Die koue, die nat, en die klein was ‘n aanpassing. Verwondering oor die ou geboue en die lewe van jare terug. Ons sien en beleef baie. Ons het gevlieg, trein gekry, bus gery, boot gery en underground. Dit was ‘n belewenis. Ek kan lekker in Afrikaans vertel hoe ongeskik die locals is en niemand verstaan ‘n woord nie. Moet nooit ‘n ander land sleg sê nie want dalk net dalk land jy daar. Moet nie jou geboorteland afskryf nie, want dalk net dalk het sy jou nodig. Hou jou vriende en familie naby en wees lief vir hulle. Die naweek val ons in by DF Malan se hokkie vywe. Oor logistieke redes gaan my kind nie DF toe nie maar sjoe dit is ‘n mooi skool, mooi mense!
Mei maand bevestig ek dat Gerhard sal hokkie speel saam met die manne. Die Sondag tree die manne ook aan. Die kompeterende manne kan nie wag nie… Gerhard leen Chaney se shin pads – die pas oor die maermerries is ongemaklik styf. Die game begin. Oorgretig speel die manne. Waar die 5 op ‘n kant is speel hulle sommer 8 op ‘n kant. Die bibs sit soos boob tubes, kom nie oor die magies nie. Met spoed kom Wilhelm van agter en Gerhard van middelveld en die goot botsing vind plaas. Twee manne van dieselfde span. Wilhelm lê op sy naat van sy rug, Gerhard probeer opstaan… die hand skiet in die lug.. almal dink hulle grap .. water meisie kom aangehol… “Sussa! Ek het ‘n Medic nodig nie water nie”: Skree Gerhard. Wilhelm se hand ook al in die lug vir hulp. Gelukkig is daar ‘n dokter in die span en hy help om Gerhard se knieg terug te druk. Voel vir pols, als lyk reg. Wat ‘n man! Hy gaan uit sy pad om Gerhard te help. Ek staan met kamera en neem die petalje af. Iemand vra of ek nie op die veld gaan draf nie.. my kennis is te min oor enige mediese onderwerp. As ek nou opdraf is ek net die tweede water meisie… net ouer.. .Nee.. ek sal wag dat hy bedremmeld van die veld afkom. So kom nog ‘n pappa- hokkie loopbaan tot ‘n einde. Veertien minute van roem, ‘n doel geskiet en hulle span het gewen. Die been en die lyf pyn. Nie seker of die lyf pyn seerder is as die knieg pyn nie. Onfikse manne moenie voluit rondhol op veld nie. Swak tydsberekening. Maandag oggend by kniegspesialis. Hy sal kan vlieg en loop maar Januarie is dit operasie tyd. So gaan ons nou Saterdag op die vliegtuig klim, ons gate uitgeniet op vakansie, terugkom en nuwe lewe in knieggies kry. Dit is spansport by die skool. Ons leuse by ons huis is: Ons neem aan alles deel want dit is ‘n punt vir Eksteen. Hoe bevoorreg is ek nie. Ek het twee kinders wat graag wil deelneem. Hulle is nie altyd op die podium nie.. maar hulle staan sterk agter ons leuse van kry ‘n punt vir jou span!
Ek word sommer rooi onder die kraag. Van hulle maats bank skool vandag want hulle wil nie deelneem nie. Hulle ouers laat hulle toe. Ek verstaan dat almal nie kan hardloop of sport doen nie.. My kinders se arms is te dun vir gewigstoot... Charl te kort vir hoogspring… maar dit keer hulle nie om tog te gaan staan in die ry. As hulle gewig gooi koes hulle vir die voete dat die gewig nie op hul tone land nie. Dit gaan oor die probeer, die uithou, die deelname! Ek kon vanoggend gou die ‘Big Brag’ gaan kyk. Ek het sommer trane in my oë toe ek my kind sien.. Rasieleier. Eweskielik groot meisie, mooi meisie. Skoollied word gesing uit volle bors. Een van die hoofleiers vra ons God se hand oor vandag. Trotse ouer, mooi skool, ons skool! Ek moet gaan werk, los my kinders in die veilige hande van die skool. ‘n Paar mammas hou oog dat hulle onthou om weer te smeer en baie water te drink. Kan nie wag vir vanaand om te hoor hoe hulle vandag beleef het nie. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |