Vriendskap is ‘n interresante term.. met die woordjie heg ons baie emosies by. Ek dink vandag aan liefde, blydskap, danbaarheid, aanvaarding. Ongelukkig bring vriendskap ook negatiewe gevoelens soos jaloesie, hartseer en selfs verwerping.
Ek beskou myself as ‘n goeie vriend. Mense kan gelukkig wees om my as vriend te hê. Klop myself vinnig op die skouer.. Ek gee diep om en ek glo ek doen baie vir my vriende en kennisse. Ek het nou diep gedelf maar ek weet verseker dat as ek iets vir jou doen is dit nie dat ek wil iets terug hê nie… nee… maar die afgelope tyd hang my skouers maar met vriendskap kom teleurstelling. Ek is in myself terleurgesteld oor my reaksie… my woorde soms … Die lewe maak my hard. Ek vertrou vandag minder mense. Vat langer om mense naby my toe te laat.. deel min.. As jy binne my kring mag kuier skuif ek jou gou uit as ek onveilig voel of selfs as ek jaloers is op jou tyd. Klink belaglik as ek dit skryf maar ek wil nie seerkry nie.. so dan maak ek sommer self die deurtoe. Ware vriende is skaars.. ek is baie bevoorreg dat ek in my ‘kort’ lewe al ‘n paar gehad het.. Sommige sien ek nie meer nie maar die band het gebly.. ander het deur die krake van die lewe geval.. maar vir die oomblik in tyd was die seën baie! Mag my hart versag en mag God my lei om reg op te tree, my woorde te tel en my liefde maklik te deel.. al voel ek nie lus om te luister nie. Outyd se proses was dat net die top 20 akademiese kinders vereer word of natuurlik as jy in die skool se premier span is. Ons het ook eer getoon aan al die buite sportsoorte waar kinders vir hulle provinsie deelgeneem het. Die koor en drama kinders was ook genooi as hulle by die ATKV iets besonders gedoen het. Ons moes nogal bewyse indien vir prestasies.
Gisteraand was dit tyd vir die nuwe formaat ereaand. Omdat ons glo dat elke kind merkwaardig is probeer ons vir elke kind ‘n sertifikaat gee. Daar is nou wel kategorieë van erkenning naamlik: deelname, mariete en prestasie wat toegepas word. Die definisie van elkeen is gegee. Dit is ongelooflik om die trots in elke kind te sien as hy of sy oor die verhoog stap na ‘n stewige handdruk van die onderhoof. Die administrasie agter so aand kan nogal baie raak. Ons as ouers word nou ingespan om ‘n vorm te voltooi waarop jy jou kind se bydrae merk soos per die kategorieë gespesifiseer. Dit word op vertroue gedoen want ons skool se fondamente is integriteit. Soos van die kinders se sertifikate uitgelees word hoor mens baie verkeerde inligting. Die onder 10 A hokkie span bestaan uit 6 kinders.. gisteraand was omtrent 18 in die A span.. Ek sit verstom. Ek weet ek moenie so wees nie .. maar regtig .. vat dit dan nie van die outjie wat regtig in die span was die erkenning weg nie.. Daar is ander voorbeelde ook. Dit bly net laerskool, dit is net ‘n sertifikaat… maar hoe kyk jy jou medeouer in die oog? Ja ek weet van die span keuses is nie altyd reg nie.. dat jou kind dalk die beter speler was ... maar as hy of sy nie in die span was nie kan jy nie die prestasie eis nie. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |