Ek sien dit baie, hoor dit baie maar elke keer is ek verstom. Mensbande, mag dit nou vriendskap of familie bande is, is skaars. Ek het die afgelope ruk hard gedink oor wat vriendskap is en kom maar altyd uit by iemand wat vir jou lief is. Liefde is ‘n term wat baie dimensies het en baie vlakke. Die een dimensie wat by alle definisies pas is die respek wat jy vir iemand wys.
Respek is ook ‘n term wat deur elke persoon anders ervaar en uitgeleef word. Ek sê altyd respek word verdien. Ons is so maklik om vinger te wys maar verdien jy respek? Hoe is jou hart as jy van iemand praat by ander mense? Dink jy, jy is beter as iemand, slimmer, mooier. Dink daar is tog in elkeen van ons die afguns, hoogmoed wat jou aksies regverdig. Makliker om iemand te oordeel, sleg te praat, neer te sien want die vrees dat hy of sy dalk beter is in iets is, is te groot. My eie hart is ook maar swart en vol emosies oor sommige bande. Van verhale van twis. Oordeel oor foute, foute wat jy ook maak. Ek sukkel om die hard, ongenaakbare koue manier te verstaan. My hart is stukkend vir die trane wat ‘n ouer oor sy kind huil en jy kan net troos. Ons kyk fotos en sien lekker tye. Dan laat ‘n foto weer emosies van verslaentheid in jou omvou. Geleende goed wat ander se eiendom word. Ek bid dat die god van aardse goed my nie eendag opvreet nie… en so oordeel ek alweer. Ek bou my mure en sit wagte van harde woorde voor elke plek wat dalk kan kraak. Ek vra myself oor die titel – danbaar. Ek is dankbaar dat ek vir iemand kan wys dat ek hom respekteer. Ek is dankbaar vir mense in my lewe wat my raaksien vir die persoon wat ek wil wees, nie altyd is nie, maar wil wees. Die goue reël van elkeen is uniek en het mooi en lelik. Kom ons juig oor mekaar se mooi en vergeef mekaar se lelik. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |