Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Houding bring die eie ek tot lewe

10/16/2018

 
Picture
Elke dag se dinge en hoe ek reageer op reaksies en houdings maak my leef of net bestaan.   So baie oordeel ek mense oor waaroor hulle praat .. maar is ek nie die vervelige ou in die geselskap nie.. dat die arme drommel dan oor sy kinders en die weer begin praat net om die gesprek aan die gang te hou.  Ek kyk met hoogmoed partykeer na gesels onderwerpe en het 'n mondvol te sê.. maar is dit regtig die ander ou.. of is my verwysingsraamwerk ook maar saai en vervelig.  Die ou gesegde is so waar waarvan die hart vol is loop die mond van oor.  So as my hart swart is, is my woorde hard.

Stories en persepsies verander vriendskappe.  My gevoel kan my emosies vertroebel en dit veroorsaak weer reaksies wat ongevraag is.  Bose kringloop.  Staan terug, gee spasie en tyd.  As dit beter word is dit die moeite werd .. as dit sleg bly... stap weg.

Ek weet dat ek as bestaans-rot tyd nodig het om weer asem te skep. Ek, Afrika kind, het die son en die seë nodig om my weer energie te gee.  In my dag tot dag se stry om te oorleef vergeet ek om te leef!  My horlosie/foon is my rigting-aanwyser.  My kompas wat vir my vertel wat ek nou moet doen, dink en wees.  Ek jaag rond en mis so baie klein dingetjies.  Ek is soms so gesteld oor wat ander mense dink en voel dat ek vergeet dat daar altyd 'n ander prentjie ook is, 'n ander perspektief.

Ek dink ek is altyd reg en my manier die beste.. gee my krag dat ek vir 'n oomblik stil staan en te beleef en weer noord op my kompas kry.
 

Opgaarders

10/1/2018

 
Picture
Opgaarder teenoor gooi uit en hou net wat jy gebruik.  Drie sakke vol gestop van hemde, broeke, kouse, warm toppe wat niemand aantrek nie.. wat net plek vat.   Koeverte vol kleingeld, briefies en slippies kom uit die kas.  Ek wonder wat gaan die reaksie wees as hy vannaand sy kas oopmaak… weg is die ‘baie’ en in die deurmekaar chaos is daar nou orde.. alles op hopies en gerangskik.  Tannie Johanna skud net kop… Meneer gaan kwaad wees… is al wat sy uitkry.

Die laaie wat oorgeloop het is nou leeg. EK MOET vanmiddag by winkel stop om nuwe onderklere te koop vir my opgaarder.. die gemaklikes is nou almal vloer lappe. 

EK is mal daaroor om skoon te maak… uit te gooi… daar is altyd iemand anders wat goed kan gebruik wat jy net in jou kas hou vir ingeval.   Vanmiddag is dit my kas se beurt..maar daar is klaar minimum goed in.. dit is net vir regpak.

Ek verstaan nie hoe gou mens se huis vol hopies word nie.. elke week sorteer ek papiere uit .. net om weer die volgende week ‘n hopie raak te loop..  Dit help ook nie om saam met drie mense te bly wat niks kan weggooi nie.. so as hul wonder maak hulle hopies…   Die frustrasie as die drie dan ‘n belangrike stukke papier soek wat in ‘n hopie was, is ‘n normale verskynsel in ons huis… Almal soek verwoed.. net ek weet dat soek nie gaan help nie.  Dit is lankal in repies gesny .. wag om herwin te word.

Moenie goed in ‘n laai gooi nie.. moenie papiere net los nie.. sorteer dit dadelik uit.. so gaan niks drom toe wat gehou moet word nie.. en geen hopies wat my tart word gevorm nie.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog