Ek ry gister agter ‘n man… groot plakkers op kar.. ‘Baby on board’. So hy verwag nou van my om versigtig te ry, ek kan dit verstaan want ek is mos ook ‘n mamma… Die geduld het ook net gehou totdat hy sy venster oopmaak en sy sigaret stompie by die venster uitgooi.
Ek was sommer lus en ry sy gat weg... hoe durf hy ‘n plakker op sy kar hê baie besorg oor sy baba maar hy gee nie om dat die kar stink van rook nie. Dat die baba in rookwolke sit nie. Ek waai, flikker ligte en skel hom uit .. maar ou rookpens is dikvellig, hy maak of hy my nie sien nie. Ek druk my bloeddruk tot in die rooi. Gelukkig vir hom is dit bumper tot bumper verkeer.. anders het ek wraggies hom van die pad gery. Hoe kan jy goed voel oor jouself, jy stink, jou kar stink, jy sit jou baba in gevaar en dan gee jy nie om oor jou land nie.. elke stompie is ‘n potensieële veldbrand. Dan praat ek nie oor die morsjors wat jy is nie. Die antwoord is eenvouding.. hy gee nie om nie. As mens nie die hart van mense aanspreek nie help dit nie om te vra nie. Hy is een van baie… ek hoor dit gereeld.. almal doen dit, watse verskil kan ek maak? My ouma het altyd gesê.. moenie die mens haat nie .. haat sy dade… onthou mense verander net as jy hulle harte aanspreek.. en die verkeerdste ding wat mens kan doen is om te skel en te skree… Jy sit net die persoon op die agtervoet. Ek wonder nou of mens die wysheid kan deurtrek na die seer in ons land.. mense word vermoor .. ‘n lewe is niks werd nie.. hoe kan ons die moordenaars se harte aanspreek? Trots staan ons agter ons kinders. Met elke probeerslag suksesvol of nie.. is ons daar. Ondersteun, bemoedig en gee raad. Ja, mens is teleurgesteld as mens net te kort is vir erkenning.. van ‘n medalje of ‘n sertifikaat of selfs ‘n beker. Almal wat wag om te hoor hoe dit gegaan het verstaan nie die groot prestasie om net deel te neem nie.. ons wêreld is mos om eerste te wees, om die beste te wees.
So met die afgelope SA’s vir gimnastiek loop ek verby ‘n mamma wat haar kind uittrap omdat sy nie na wense gepresteer het nie. Spottensgewys sê ek vir my kind dat sy bly kan wees dat die vrou nie haar ma is nie.. stil antwoord my kind dat sy ons waardeer… die klein dinge soos as ons haar herhaaldelik onthou dat ons klaar trots op haar is… dat sy klaar gestress is en dat sy bly is dat ons nie meer stress op haar laai nie. Dit maak nie die knop op my maag as sy deelneem minder nie.. maar dit is ‘n knop vir haar onthalwe omdat ek weet hoe graag sy wil presteer… die beste doen… Ek moet lag.. baie mense vra by wie sy die talent kry vir gimnastiek.. beslis nie van die ma of die pa nie.. die ma kan nie eers ‘n behoorlike bommelakiesie doen nie. Dit is haar eie talent, haar eie liefde. Ek het my tyd gehad en my keuses gemaak. Ek is wie ek is.. ek hoef nie deur my kinders belangrik te voel nie. Ek spog met hulle.. ek is verby trots op hulle. Ek is saam met hulle terleurgesteld as hulle iets nie kry nie.. Ek is saam met hulle bly as hulle hulle doelwitte vir hulself stel en dit bereik. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |