Gemasker is ons almal as ons in ‘n publieke plek is. Elke huis het sy manier van masker dra. Ons huis het ek vir elkeen genoeg gekoop vir die week sodat mens altyd ‘n skoon masker het. Naweek is dit dan masker was dag. Alle maskers word opgespoor en in was gegooi.
So spring Gerhard in sy bakkie en ry Mkem toe. Met die stop en die soek na masker kom die realiteit op dat geen masker te vinde is in bakkie nie. Keuses, terugry of improviseer. So is daar geen skaam in sy lyf nie.. hy vind ‘n kort Nike oefen broekie van sy dogter in sy kar.. Die word oor kop getrek dat die twee gate vir bene soos haasore staan.. mooi word die broek gedraai dat sy oe uitsteek uit een gat die ander staan regop agter sy kop. Hy is in die winkel, broek op die kop. Het darem dadelik vir hom ‘n masker gekoop om broek te vervang. By huis vertel hy sy storie.. al wat ons kinders kan uitkry , wie het pappa gesien? Die skaam kruip sommer soos rooi vlamme oor hul wange.. Ek sal terugry.. daar is nie ‘n manier dat ek ‘n broek oor my kop trek nie.. Ek kry so gou skaam… te bang mense dink sleg van my. So beperk ek myself. Ek wens ek kan my siel vlerke gee of broekspype, sodat ek nie omgee wie my sien en vir my lag nie… Ek lees vandag ‘n waarheid raak.. dit wat jy vir jouself doen vat jy saam graf toe, dit wat jy vir ander doen word jou legacy. Ons almal wil onthou word vir wat in jou hart is… so moenie bang wees om jou hart op jou mou te dra nie. Moeilik om nie die swart vlekke op jou hart te wys vir almal nie. Maklik om die swart op ander se harte raak te sien en die mooi mis te kyk.
Ek is weer tot stilstand geruk die week, vriende verlore as gevolg van afstand, tyd .. is die week weg vir altyd. Woorde is woorde… skiet ver te kort om sy gesin te troos. Swaarkry word nou saam gedra.. wonder waar was ek voor nou… Soveel swaar en laste om ons, so moeilik om hulp te vra. Ek verstaan nie altyd nie, maar ‘n vriend het dit mooi bewoord. Ons Afrikaner volk is te trots om te vra. Trots word ook soms verwar met skaam. Ons lewe se raamwerk is mos dat die pa moet sorg. Behoede as omstandighede dit verhoed. Die skaam is dan vir die oordeel in die ander se kyk. Ek reik uit en ek hoop jy vat my hand, as jy my wegwys as vriend is dit ok, ek stap aan. As jy self wil oorwin is dit ook reg ek stap saam en sal help waar ek kan. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |