Ek beskou myself as liberaal, vernuwe denke. Behoede my dat ek nie soos die oumense dink nie. Ek probeer hard om oopkop te wees. Ander se opinies te verstaan.
Ek weet ook dat mens nie oor kerk, politiek en jou familie gesels nie. Jou opinie kan dalk die sluise van baklei oopmaak baie vinnig. Vandag moet ek belei ek dink my oopkop het perke en ek gaan my voet uitsteek om my gevoel te bewoord. So stap ek uit die kerk uit en stap verby ons nuwe/ou dominee, dit kan dalk sy man wees. Hy is al lank by die kerk betrokke maar is onlangs eers ingeseën. As julle die koerante dophou sal julle weet dat daar ander kerke ons kerk nou oordeel oor wie en wat ons aanstel. Ons kerk is besig om ‘n wond te probeer herstel maar daar is baie infeksie wat nie gesond wil word nie. Om ‘n wond gesond te maak moet mens salf en pleisters plak. Gee en neem. Ons oumense en van ons jonger klomp is nie gemaklik met die lewenskeuses van ons herder nie. Die Woord word nader getrek. Ek dink leef en laat leef in liefde. Kerk is daar vir almal. Nou my punt.. soos wat ek verby die dominee of sy man stap.. wurg my oopkop om toe te slaan. Sy jeans wat lyk of ek hout gekap het op die broek.. keupe van bo tot onder. Oorbelle en tattoos.. Ek oordeel onmiddelik wat verkeerd is. Twee hardekoppe of sienswyses wat nie bereid is om in te gee nie .. kan nie die seer regmaak nie. Ons almal moet ophou oordeel, maar as mens wil inpas en ‘n verskil maak respekteer die mense om jou en trek maar ‘n heelbroek aan, hemp wat die tats toemaak en haal maar die oorbelle uit. Enige gesprek dan is soveel makliker. Is my lewe reg? Hoe vinnig kan die kloue van die dood nie om my vou nie. Gesond en gelukkig vandag … dood more..
Klink morbied maar my gedagtes is gevul met hartseer. Hartseer vir die gesin wat agterbly. Hulle lewe tot stilstand geruk, my lewe net vir die oomblik stil, hartseer… dan begin die lewe net aantik… Nog ‘n persoon wat my pad jare terug gekruis het, vertoef het, impak gemaak het op die oomblik in tyd. Ons paaie uitmekaar geswaai, sosiale media het tog brokkies van lekker nuus gebring, laggende fotos en dan.. die doodstyding. My gedagtes dadelik by hoe is dit moontlik.. wat het gebeur. Ek dink dit so baie.. elke dag moet ‘n voluit dag wees. As ek terugdink hoor ek my moan en groan en negatiewe woorde. Dit is soveel lekkerder om te kla as om te verander. Ek het die vermoë om geluk en lag te kies al is my omgewing vol hartseer. Dit bly my keuse of ek wil vergewe of te bly haat en verbitterd te wees. My gedagtes vol van mense wat op ander trap om bo uit te kom.. die afsku.. of is dit afguns? Almal dink hulle is reg, eerlik en die beste… Volg die nou pad. Soms wonder ek of die nou pad nie net my weergawe is nie. Dat ek die reëls breek soos wat dit my pas… |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |