Elke skool het sy tradisies selfs al is die skool nie so oud nie. Eversdal Laerskool is nou 41 jaar oud .. maar van die eerste jaar het hulle speletjie aande gehou en vannaand is ons bevoorreg om ons agste jaar deel te wees van die tradisie.
Die eerste 3 jaar van elke kind hang ons as ouers maar rond. Maak seker hulle is gemaklik. Ons werk saam met ander ouers by die stalletjies. My oudste is net ‘n gas by Damus die jaar en die jongste het sy maats gereël so hy het nie sy ma en pa nodig om om hom te hang nie. Die omgewing is bekend en veilig. Ons leuse is Damus wat ons gee beteken. So die aand is ‘n geldinsamelingsprojek. Die verskil is die geld word gebruik om te gee. Gee vir mense wat dit meer nodig het as ons in ons klein gemeenskap. Fokus is op ander en nie op jouself nie. Die kinders praat oor die rede vir die aand. Besef dat daar mense is wat nie altyd het wat hulle het nie. Bewusmaking, die leer om te verstaan maak ons groot met hande wat regstaan om te help en harte wat omgee. Mag ons harte sag bly al woed die wêreld om mens om jou hard te maak. Die tema van die aand is PRET!!!!! Die kinders is van vroeg al opgewonde en kan nie wag dat die aand geopen word deur die hoof nie. Sy woorde kies hy altyd met wysheid, beklemtoon die feit dat almal dit moet geniet en uit ons seëning seën ons ander. Elke dag word jy ouer, wyser en meer onafhanklik. Ons verhouding is anders Ons manier van gesels is anders. Met grootword kom keuses. Jou keuses beinvloed wie jy gaan wees. Persoonlikheid kan mens nie Photoshop nie skryf jy op Instagram .. so waar. Jou liefde en omgee vir ander, vir diere omvou jou. Dit maak jou jy!
My hart in my keel toe ek jou vasdruk en groet. Die langverwagte toer het begin. Ek los jou in die hande van mense asook by die voete van onse Vader. Ek vra vir ‘n engel om langs jou te bly en jou op te pas. Wagter te speel. Jou en jou span maats te beskerm. Ons gesin voel anders, ons ritme is uit. Jou plek by ete is leeg, jou kamer se lig bly af. Stellie die hond weet nie wat sy moet doen nie.. sy soek jou orals.. huil by jou venster.. Ons verlang na jou! Dankie vir fone, ek kan jou nog nag sê en hoor of jy nog als het. Wil so graag als hoor! Ek weet jy wil nie nou met my gesels nie. Jy wil nou lewe, elke oomlik leef en beleef. Saam met jou maats onthou oomblikke bou. Daar gaan nog baie tyd wees as ons jou weer sien om al die stories te hoor en saam te lag. Die realiteit is dat tyd saam met ons minder en minder gaan word.. want jou vlerke is amper gereed om te vlieg. Dat onthou oomblikke saam met ander gemaak gaan word. Onthou net dat jou plekke altyd by ons sal wees. Al is dit net om te rus vir die volgende avontuur. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |