Ek staan verstom oor ons kinders, ons gee raad maar dit voel of hulle nie na ons luister nie. Hoekom wil hulle moedswillig hulle koppe stamp? Waar is hulle breinkrag?
Dit tref my soos ‘n pap snoek.. ons raad is gebaseer op ons lesse wat ons geleer het. In ons tyd, ons omgewing. Vandag se kinders se omgewing is baie anders. Ons lesse dalk nog van toepassing maar die manier waarop ons die raad vrylik uitdeel is verkeerd. Hulle kan nie die verband sien tussen ons woorde en hulle realiteit nie. As ek moet eerlik wees sukkel ek om hulle omgewing te verstaan. Met die reën vertel ek vir my kinders hoe ons as dit so gereën het sommer met ons skoolklere by walle afgegly het. Ons rompe soos doeke gevou. Al gillend..sommer in skool tyd.. ons klere vol modder en deurnat as ons, ons pad na die volgende periode toe vind. My dogter kyk my aan asof ek mal is.. haar woorde.. mamma vandag maak hulle ‘n video van jou en die onderskywing gaan nie vlyend wees nie. Dit is nie ‘cool’ nie! So lekker is nie cool nie. As grootmens maak ek afspraak met Afrikaanse hoërskool onderwyser. Sy terugvoer .. my kind is ongehoorsaam, geen respek vir hom nie, doen nie haar huiswerk nie, leer nie Teenoorgesteld van wat die wiskunde onderwyser te sê gehad het oor hoe wonderlik my kind is. Ernstige gesprek met my dogter na die vergadering, vra word gevra… Trane vloei.. Volgende dag kom die terugvoer van die meneer.. hy het dalk oordryf. My kind sê hy weet nie wie sy is nie. Dit laat my terugdink aan ou Botterbal, my Afrikaanse meneer.. hy het sy bes probeer om my liefde vir taal te smoor.. het ek hom respekteer.. nee.. respek word verdien. Respekteer ek die meneer wat my kind nou vir lewenslank as afrikaanse onderwyser het .. ja ek weet 2 en ‘n half jaar is lewenslank vir haar.. NEE. My lewenspad het baie ompaaie. Elke ompad bring ‘n ander lekker tot my boek van vol geskryfde bladsye. Party keer is van die bladsye leeg..
Ompaaie is goed vir my siel, dit laat my siel groei! Ek gebruik my tenk vol brandstof soms op sodat ek my boeke kan vul van my menswees, gevoel en my bestaan. As my tenk leeg is.. is my bladsy ook leeg… tyd vir onderhoud sodat my waarborg, my fondamente weer sterk kan wees vir die volgende golf van leef. My boek se verhale oorvleuel met mense naby my hart se boek. Sommige hoofstukke woord vir woord dieselfde ander kere skryf ons ander stories wat niks met mekaar te doen het nie maar tog bly die konneksie daar. Ons omgewing is vol van sleg en haat, ander se opinies en verslaentheid wat my borrel van hoop wil bars. Ek moet bontstaan om die gate te stop om te keer dat ek nie ook opgeslurp word deur slegte nuus en praatjies nie. Vandag is ek dankbaar vir asem, vir trane vir lag. Om kwaad te kan word en in dieselfde asem weer goed. Om lief te kan wees en om geliefd te wees. Dankbaar vir moed om in vandag se wêreld te staan en te probeer sin maak |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |