Begin vir my al hoe meer voel dat elke keer as ek in die spieël kyk daar nog ‘n plooi bygekom het. Die ogies in die oggend is ook elke oggend meer pof.. lyk al soos ‘n opgepofte padda.
Is dit tyd vir jonger word.. sny? Botox? Nee wat elke lyn, elke plooi het sy eie storie.. party gemaak deur baie lag.. ander deur baie frons en sommige net die hartseer van die lewe wat ‘n merkie kom maak het. Littekens is bewysstukke dat mens lewe en oorleef het om die storie te vertel. Die sny lyn op my voorkop is die verhaal van ‘n vriendin wat so baie omgegee het vir my dat sy aanhou karring het totdat ek by ‘n spesialis uitgekom het en hulle dadelik die kanker uitgesny het. Van gat in voorkop tot sny.. my wenkbroue wat nie meer align nie.. maar dit maak my ek. Die merke op die knië vertel van val en weer opstaan. Letterlik en figuurlik. Die plooie langs die oë is ‘n bewys van baie lag en my frons lyn ‘n bewys dat ek ook mens is en kan kwaad of ongeduldig word… of dalk is dit net my dink lyn… my konsentreer lyn. Party stories het ek al vergeet, ander sal altyd daar wees. Kyk diep na jouself en moenie bang wees om te onthou nie… want uit onthou kom leer… hoe om dit beter volgende keer te hanteer, te doen.. of hoe om dit weer te doen want dit was so lekker. Wees lief vir die ouer jy… aanvaar wie jy nou is… lag vir jouself sodat jou lagplooie jou frons plooie se plek inneem. Stop… kyk gou in die spieël..hoe lyk jy? Wat sien jy in jou oë? Hang die lippies grond toe… of glimlag jy? Is jou kop geplooi met frons of lag jou oë? Hang jou skouers en lyk dit sommer of die heelal se probleme op hul rus?
Wat maak my gelukkig wonder ek? Dit is beslis nie die ‘quotes’ wat mens van die internet kan aftrek nie.. . Ek sien dit is nogal die tendens met die jongmense vandag.. elke foto op Instagram het een of ander aanhaling van iemand onbekends by. Silhouette fotos .. of waar ons tuur in die heelal in… ek moes die naweek ‘n paar van my dogter neem wat my laat giggel het. Gelukkig hou ek van fotos neem. My hart is gelukkig as ek sien my kinders het omgee vir ander mense. As hulle geniet wat hulle doen. As ek op die bank kan lê en my boek lees, genot wissel van hoe mooi die boek is… Om saam met vriende te kuier. Al verskil ons opinies en die manier waarop ons ons kinders grootmaak. Wat maak dit saak? As ek na ander mense se babas kyk en ek weet myne is nie meer so klein nie. Om in my man se arms te wees. Om te weet ek is ‘n geliefde kind van God. Om eie tyd te hê vir myself om my battery te laai. Om te weet ek heg waarde toe vir iemand of iets. Sjoe dit is ‘n mondvol. Met alles wat gelys is en nie gelys is nie.. hoekom hang mens se lippies dan nog… dalk is dit tyd om seker te maak jy weet die oorsaak sodat jy dit kan stop. Want elke dag moet ‘n viering wees van lewe… van menswees! My twaalf weke van oefen is verby. Dit het vinnig gekom en gegaan. My doel was om gewig af te skud en my lewenstyl te verander na meer gesond. Om lewenstyl te verander is harde werk. Om een keer ‘n dag vir 6 dae te gaan oefen beproewend.
My gewig na die 12 weke is met net oor die 2 kilogram af. My vet persentasie met 3.iets present af. My klere grootte met ‘n nommer. Nou vra ek myself .. was my 12 weke suksesvol? As ek na die gewig kyk moet ek nee sê, as ek na my eetgewoontes kyk.. is dit ook nee. Het ek 6 keer ‘n week gaan oefen.. nee .. maar wat is sukses? Voel ek beter, beslis, lyk ek beter, beslis. Gaan ek aanhou… beslis maar ek het besluit dat ek nou 3 keer ‘n week sal gaan oefen. Dat ek my bes gaan probeer om gesonder te eet… maar tog nog steeds als geniet.. ek wil nie my lewe lank vir almal vertel ek kan dit nie eet nie want dit is nie gesond nie. Gisteraand het ek weer sealclaps gedoen.. ek het nogal baie te sê oor spring oor 40.. seker goed werk net nie meer so lekker nie.. mens moet maar seker maak mens se blaas is dolleeg. Dink my broek is ook nou groter of my lyf so klein bietjie kleiner… want die stywe broek sit beslis nie meer so styf nie, nou hou dit nie meer die maagrolle in plek as ek op en af spring nie.. ek lyk soos ‘n oros vrou wat spring… drillend en bewend. Die lewe is te erenstig. Moenie jouself so erenstig opneem nie… leef voluit, lag vir jouself en probeer jou bes… as dit nie help nie.. wyn help… |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |