Die nuwe manier van verjaarsdag gelukwense is mos om op Facebook of whatsapp ‘n boodskappie te los. Ek sien die jonger klomp sit dit op hulle sosiale media status. Ek is ook skuldig hier aan, dink aan die persoon maar vat nie tyd om stil te staan en te bel nie. Makliker om net gou ‘n boodskappie te tik.
Die week het ek weer besluit om persoonlik my verjaarsdagwense aan mense oor te dra. Ek bel en as ek kan probeer ek ‘n geskenkie aflewer. Om seker te maak die persoon weet dat hy of sy spesiaal is vir my. Dit is ongelooflik lekker om die waardering te ervaar. Een vriendin se woorde, sy voel geliefd het my net weer laat dink hoe maklik dit is om iemand spesiaal te laat voel op hulle spesiale daggie. Volgende keer as jy boodskappie tik, stop.. Bel liewer! Gee jou tyd as geskenk vir die persoon. Konnekteer weer deur te gesels, te lag en ‘n oomblik te deel. Ek glo aan ‘n magtige God! Ek glo aan wonderwerke en ek glo aan genade. Ek glo aan ons brandweer manne wat hulle beste doen om my en jou veilig te hou.
Die ‘wat as’ gedagtes kan mens soos ‘n tol laat spin. Die bang hou jou gevange in jou eie gedagtes. My bang het saterdag oggend begin. Ons huis het begin brand. Dak balke by braai het vlam gevat. Rook kan ek ruik, maar besef nie die gevaar is bo ons koppe nie. Geen vlamme sigbaar. Ek ry vir afspraak, net om 15 minute later ‘n boodkap te kry, jul huis brand. My liefde vir jaag kom handig te pas, klok 210 km/h op Durban road. Ek binne ‘n minuut terug by huis. Rook sigbaar.. geen vlamme. In warboel is dit net kinders, honde en katte by bure kry. Dan die karre uittrek. My verstand staan stil, ek weet nie wat om te red en wat om te los nie. Twee brandweer-trokke daag op en toe weet ek als is in beheer. Hulle spuit die vuur binne die dak. Water stroom by dak uit. Die balke moet koud wees anders brand hulle net weer. Ons engel het hard gewerk. Ons en ons huis is beskerm. Skade het ons. Die wonderwerk is ons leef! Dit wat skade het kan herstel word. My leer punte: Rook verklikkers moet in dak geinstalleer word, maak seker dat skoorstene gediens word elke jaar. As jy rook ruik, kyk op en in jou huis, doen ‘n nood plan vir jou huis dat almal weet wat om te doen as die alarm afgaan. Dink nou wat jy moet gryp, in die oomblik hak mens se kop vas. Onthou altyd lewe kom bo enige aardse besitting. My verhaal is nie uniek nie, my verhaal is geseën met wonderwerke. Ek is dankbaar. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |