Ek verklaar oorlog teen hopies papiere en leërs vol inligting wat al geel word van ouderdom. Die lem van die shredder het sy werk gedoen – 3 groot sakke vol papier reg vir herwinning.. voel soos ‘n oorwinning. Ek weet.. ek weet… dit is net die slagveld oorwinning.. die oorlog is nimmereindend. Volgende week gaan die hopies weer daar wees.
Die gedagte tref my terwyl ek in die studeerkamer op vloer sit…wanneer het ek groot geword.. verantwoordelik geword… papiere en papiere van jare se goed.. net nog ‘n bewys dat ek ouer is…nie ‘n ouer wat dit vir my sal doen nie. Ek kyk om my .. my nuwe meubels is nou oud… jare vlieg verby… dit is nogal oorweldigend.. Die woorde van bemagtig jou kinders kom by my op.. ek kan nie onthou hoe is ek geleer om op my eie te staan nie.. ek wonder tog of dit nie maar net gebeur het nie.. toe my ouers opgehou het om dinge te doen het ek maar net natuurlik begin om dinge te doen. Daar was nie ‘n spesifieke dag en datum nie.. My analitiese brein werk oortyd.. hoe kan ek ons proses in ons huis verander dat die hopies nie vrom nie. Ek het al soveel keer probeer en elke keer die oorlog verloor… as ek my oë oopmaak is die hoop groot en ‘n berg om oor te klim. Daar is hoop, dalk nie vandag of die volgende 20 jaar nie .. maar ek klou aan hoop. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |