Ek moes vanoggend 5 uur opstaan om by die werk te wees 6 uur. My dag het begin met ‘n whatsapp van ‘n mamma wat in aanhalings tekens op die groep sê dat haar kind se trui ‘weggeraak’ het en dat wie ookal dit geneem het dit moet terugstuur.
Ek vind toe die ‘weggeraakte’ trui in my kind se tas.. en besef sy trui is ook weg. So ek antwoord toe half ses vanoggend dat ons die skuldiges is en dat my kind se trui ook soek is. Ek noem nogal dat my kind se trui gemerk is as Chaney. Hier kom ‘n whatsapp terug van die betrokke mamma en sê haar kind sal sorg dat Chaney die trui kry… Chaney is nie meer in die laerskool nie … nou wonder ek … dink die mamma ons het Chaney se trui ook laat ‘wegraak’. Moet wees want so ewe word die trui toe verlore klere toe gevat… My gemoed trek sommer toe in ‘n donkerwolk… Ek wou in HOOFLETTERS op groep iets tik … maar gelukkig is daar ‘n mamma by skool wat my kind se trui toe red en ek het my regtige gedagtes vir myself gehou. So kom ek toe net voor 6 by die werk.. die parkade se hekke staan oop.. maar die deure na die gebou is toe.. dit kos my 15 minute om by die hoofgebou te kom omdat ek lang pad moet stap. My lyf is moeg en ek is nie lus vir sukkel nie. Met ons stelsel release vandag sukkel ons ook.. iets wat 40 minute moet vat vat langer as ‘n uur.. Ek is moeg.. geduld is op en ek wil net huistoe gaan.. ek het alle groepies waarop ek is gesnooze sodat ek nie hoef te lees van al die issues wat sommige mammas het nie… Vandag is daar nie ‘n les in my skrewe nie.. net moan… Hoe verwoord mens emosies. Ons kinders word op skool geleer om emosies te erken en te verwoord… maar in die grootmens wêreld word mens soms gevra om nie altyd jou emosies te verwoord nie… want dit kan ander seer maak.
Die ou wysheid van dit is nie wat jy sê nie maar hoe jy dit sê kom weer by my op. Ons dans soos hoenders op ‘n warm plaat rond… mens kan nie iets sê soos wat jy dit voel nie .. dit is verkeerd… so ons draai ons woorde in suiker toe… en verloor die ware emosie en gesprek. My woorde is vinnig en bitsig… veral as die stress in die hoogte inslaan. Ek slaan vas op ‘n onderwerp… en wil hê jy moet erken jy was verkeerd… wat maak dit saak? Ek raak so vasgevang in die ooblik omdat ek dink ek druk myself nie goed uit nie… dat jy nie verstaan nie… ek herhaal myself oor en oor. Ek vermors my energie, my woorde… Elke keer na ‘n voorval van verskil.. herkou ek die gesprek. Besef waar ek verkeerd gegaan het. Al wat ek kan doen is om bewus te wees. Na die tyd terug te gaan en verwoord hoekom ek so moeilik geraak het en dan te luister… so met die luister kom daar gewoonlik ‘n oplossing wat almal gelukkig maak. As ek verkeerd was sal ek onverskoning vra… genadiglik het ek dit in my… Die les wat ek nog moet leer is al dink ek, ek is reg.. maak dit nie saak nie… Haal asem, staan terug, luister en hoor die persoon. Probeer ‘n middeweg vind wat aanvaarbaar is vir almal. Ek gaan nie jou krisis oorneem nie… maar ek sal jou help om ‘n oplossing te vind. Die Kaap van storms het gisteraand sy storm baadjie aangetrek. Die ou bome kry swaar… party is sommer ontwortel en lê op hulle sye. Tyd om kaggelhout te word. Ons huis kraak soos ‘n ou vrou… hier en daar het ‘n teël geskuif.. want jy hoor die drip op die dak. Laat my dink aan die gesegde van ‘n vrou se geneul is soos die lek van ‘n kraan… kan mens tot raserny dryf.
Ons almal lê warm in ons beddens… ek het gisteraand die ou by die robot gesoek om vir hom geld vir die shelter te gee… ek wonder tog weer oor my koue houding teenoor die mense wat bedel… my hond slaap warm op die bank in die sitkamer.. sy het ‘n kussing en kombers maar verkies die bank. My katte word gesoek gisteraand tot almal veilig in die huis is en saam op die beddens lê.. maar ek sal nie my deur oopmaak vir die man wat net ‘n kombers het nie… Hoe hard het ons geword. Verskoning is mens kan hulle nie vertrou nie. Hoe erg moet jou lewe wees dat jou familie jou nie eens wil help nie… Oral word ons gewaarsku.. gee oordeelkundig… moenie geld gee nie… jy help nie die situasie nie… Het jy al gedink wat jy sal maak as jy op straat beland? Waar sal jy slaap waar jy veilig sal wees… Wat sal jy saamvat as jy straat toe stap… Wat jy op jou plakkaat gaan skryf? Gaan jy martelaar speel of gaan jy regtig vra vir werk… Die gedagte is te morbied vir die storm dag … klaar vaal en grys buite. Onthou om nooit hoër as wat jou vlerke jou kan dra te vlieg nie. Moenie op ander neerkyk nie… lewe gebeur en jy kan ook daar beland. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |