Positief… positief…. dan dwaal ek weer in die verdoemenis van ander se opinies en my siel swaai na negatief. Die mag wat my verstaan, my denke, wat ek wil glo, verkeerd of reg, my beheer oor wat ek dink, voel en wat uit my mond uitkom is verstommend.
So kom baie misverstande.. wat nooit opgelos word nie.. want die mag wat wil verseker dat ek bly glo in my persepsie is groter as as die wil om te erken ek kon dalk verkeerd gewees het. Hoe leer ek myself om eers seker te maak wat ek glo ek sien en hoor is wat ek werklik sien en hoor. Ons lewe word beheer deur Covid-19. Elke gesprek, elke oomblik van gedagtes bly dit die voorbok. My een vriendin vra my of ons nie net oor iets anders kan praat nie.. toe raak die gesprek op. Dit beheer ons, impak is groot. Elke droom word vertroebel deur die onbekende. Ek hoor die terme ons norm gaan nooit weer dieselfde wees nie. Ek verstaan dit nie.. ek ken myself.. vat net ‘n week of twee dan verval ek weer in my ou pad van stap. Dit laat my baie dink aan 1999.. die groot draai.. ons moes maande voorberei vir die jaar 2000. Al die voorbereidings, verwagtinge.. was verniet… niks het werklik verander nie. Ek daag myself uit om my gesprekke positief te hou, om weer te droom en oor ander dinge te dink en te bly glo … |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |