Ons is weer in die middel van ‘n herstrukturering. “Lift and Shift’ word dit genoem… om verby die HR proses te kom… maar dit is nie regtig net ‘n ‘lift and shift’ nie.. Ons word aangespoor om insette te gee.. maar die inligting is min. Voel soos ‘n ‘sitting duck’ soos die engelsman sou see .. geduld min.. gesprekke kortaf en gerugte hardloop bloots die gange af. Hoe swaai ek nou my kop om positief te dink.. ek is nog nie naby aftrede nie.. as jy 12 jaar nie naby noem nie..
My liewe nuwe bruin labbie het my leer bank opgevreet, my 2 “wingback’ stoele se armleunings vol gate gebyt en dan is die hoek van my ottoman ook weg. Ek het amper my arm verstuit soos wat ek haar gewetter het.. maar gaan sy dit weer doen.. beslis.. moet ek my meubels regmaak.. dalk raak ek gewoond aan die ‘verflentterde look’ Twee seuns op speelgrond hardloop inmekaar – een se kop bloei, een se mond bloei want tand is uit en groot knop op kop, hy voel naar en duiselig.. juffrou aan diens sien net bloed op die een met kopsny en hardloop met die een kind noodhulp toe… vergeet die ander een. Hy stap maar toe badkamer toe, gelukkig is sy vriend daar en help hom om bloed af te was.. Positief uit dit.. dankbaar vir goeie vriende.. humeurig oor die nalatigheid. Terugvoer, kinders moet besering self aanmeld… .. en toe was dit eers woensdag… vandag is dit vrydag … dankbaar vir vrydag… Vrydag staan ek by skool en wag vir die kinders wat saam met my ry. Parkeer plekke is min so partykeer moet mens verder parkeer. Dit is my gelukkige dag, soos wat ek om die draai kom trek iemand uit en ek het redelik naby ‘n plek.
Nie lank nie toe kom staan iemand langs die kar agter sonder om eers haar noodligte aan te sit.. vier karre verder is daar plek vir die vrou in ‘n parkering, maar nee.. sy is te belangrik of haar kinders gaan smelt om verder te loop. Sy besluit dat sy liewer dubbel sal parkeer. Die mense wat die pad wil gebruik moet nou eers agter haar tou om te wag vir aankomende verkeer voordat hulle kan verder. Sy veroorsaak ongerief vir baie. Die selfsug is onverstaanbaar sodat haar bloedjie nie 4 kar lengtes verder hoef te stap nie. Ek is sommer kwaad vir almal se part. Die arme vrou wat sy vasparkeer moet eers wag dat sy uit die pad is voordat sy kan uit.. die ironie is dat sy nie kan parallel parkeer nie.. so sy het so manhaftige poging aangewend om in die oop parkering van die pas ontsnapte kar in te trek maar dit was nie baie suksesvol nie. Skool parkering kan die sleg in mense uitbring. Goeie mense se geduld word getoets. Ek het al ‘n vrou gesien wat op ‘n man se enjinkap gespring het van frustrasie. Vir ons was dit snaaks.. vir haar was dit die keerpunt. My boodskap is eenvouding moenie die persoon wees wat ‘n ander so goeie natuur tot sleg verander deur jou selfsugtige optrede nie. As ek aan die woord dink is daar trane in my oë. Watter voorreg het ek nie. Is geseënd met twee ongelooflike mensies wat my hulle mamma noem. Ek het al so baie blogs geskryf oor die oorloë gevestig in frustrasies in ons huis …daar is meer oorlog as vrede.
Vandag skryf ek oor die tye wat ek daar kan wees vir hulle. Al is dit die hele naweek rondry om hulle by hulle wedstryde te kry. Saterdag van vroeg tot laat langs die tennisbaan. Moedersdag langs die hokkie veld. Die trots om jou kind se sportmangees te sien, te ervaar. Selfvertoue wat uit hulle wesens na vore kom. Om ander te hoor sê hoe oulike kind dit is. Baie trots! Ek sien so gou die sleg en die verkeerd raak en kan so lank daarop fokus. Vandag staan ek in dankbaarheid dat ek kinders het wat nog kinders is. Wat wil prestreer sonder dat ek hoef te druk. Wat my raad vra en na my luister. Soms eers na ‘n kopstamp of twee. Dankbaar dat ek daar kan wees as dinge nie uitwerk soos wat hulle droom nie. Dat hulle my toelaat om daar te wees as die vreugdes hoogty loop of hartseer soos ‘n rivier oorstroom. Gisteraand is ek en my tienerdogter aanmekaar. Ek skel en gaan te kere.. en ek sien sommer die ‘ag wat nou weer’ uitdrukking op gesig. Dit is soos kole wat my van agteraf warm maak. Finale waarskuwing is gegee… niemand slaap lekker nie.. almal is omgekrap.
Die kinders se baie aktiwiteite maak ons huis nie ‘n ‘fun’ huis nie… as ons nie agter hulle hoef aan te ry nie moet ons skarrel om die huis en tuin werk gedoen te kry en dan voel mens net om te sit en niks te doen nie.. net te wees. Ons as ouers maak baie foute.. ek het my kinders nooit geleer om agter hulleself skoon te maak nie.. klein goedjies, tel jou klere van die vloer af op, maak op jou bed, vat jou bord na agter, was dit sommer uit.. sit die prop op as jy iets gebruik het. Bêre terug in yskas of kas. Die lys is lank. Nou doen hulle dit nie en dit frustreer my. Dit laat my gil asof ek ‘n viswyf is. Ek kan nie verstaan dat hulle nie verstaan hoekom ek so kwaad word nie. Ek soek ‘n resep om wat ek ook verkeerd gedoen het reg te maak. My vingers google vanoggend.. resepte van geluk.. maar dit is baie oppervlakkig. Dit is tyd om dankbaar te wees oor goed wat is. Ek het twee ongelooflike kinders wat hard werk op skool en hul harte uitgiet op sport gebied. Dalk moet ek bietjie asem skep en wonder hoekom ek so skel. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |