Op en af is ons gevoelens .. nou gaan dit goed.. oor ‘n rukkie is mens se emosies in ‘n warboel. Ek lees vandag ‘n Facebook inskrywing van ‘n persoon wat deur ‘n trauma was.. nogsteeds is. Haar woorde wat sy met haar oë uitspel: “Ek wil die ma en vrou wees wat ek was”… sulke eenvoudige woorde.. haar en haar gesin se lewe inmekaar getuimel deur die navolge van ‘n beroerte. My lewe aangeraak vir ‘n oomblik in tyd.. hartseer, verslae… maar ek het aanbeweeg.. onthou so elke tweede week om te vra hoe gaan dit nou.
Ek ry saterdag oggend verby ‘n tannie in ‘n rolstoel. My eerste gedagte is om te stop.. maar tog keer iets my… die LUS om betrokke te raak is weg… Stop ek, is haar problem myne.. ek ry toe verby.. maak of ek haar nie sien nie. Ek weet sy weet ek het haar gesien. Wat het van my hart van omgee geword? Ek skuil agter besig weg. Noudat ek ‘n voldag in die oggend wil indruk sodat ek my kinders kan rondry maak dat ek op myself gefokus is.. dinge wat my of my gesin raak. Gee my die krag om tyd te maak vir die werklike rede waarom ons die aarde stap. Maak my hart weer oop vir mense. Gee my die moed om te kan stop en te vra en te help. Hoeveel keer staan ek stil en neem net waar. Sonder verwagtinge.. die gevoel in mens se lyf is een van bang.. hoe klein is ek .. hoe groot is alles om my… die kleintyd vra oor hoekom is ek gebore, my naam Hannelie, hoekom my talente.. en nog baie ander… dit maak mens bang… mens voel so klein.
Vrydag aand moet ek besluit – ry ek langpad om of gaan ek hoofweg vat. Ek klim in my kar en ek besef ek ken nie die paaie nie.. dit is donker.. so ek sit google maps aan en dit vat my N2 toe.. en dan die gevreesde R300. Ek duidelik gespanne.. my instruksies duidelik vir my kind.. maak vas en le laag. Kop mag nie by venster wys nie. Ek hoor die paniek in my stem.. hy verstaan nie wat bande brand, klippe gooi en optogte beteken nie. Al wat ek weet is ek stop vir niks… ek sal oor alles ry… die grys kar se neus staan huistoe .. my voet swaar op die petrol. Sonder enige voorval ry ons maklik huistoe. Hand van beskerming oor ons gevou. Ek besef ook hoe ons bang gepraat word. Ek self het my kind bang gepraat omdat ek bang is. Mense wat hou van kwaad stook wat sosiale media gebruik en ou fotos rondstuur. Wat vals nuus verkondig. Hoor my mooi… ek weet daar is voorgevalle… mense wat baie seer gekry het al deur die hande van mense wat geen gesag het vir die lewe nie. Ek weet ook dat die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners goeie mense is. Mense met groot harte wat enige iets vir jou sal gee en doen |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |