Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Minder lekker

5/26/2017

 
Picture
Hoekom is ons koppe so aanmekaar gesit om iemand anders te wantrou.  Motiewe te bevraagteken.  Wat gaan in die wêreld aan dat ons so gou terugval om ons mure om ons hoër te bou.

Het jy al jou sielsgenoot se foon gevat en gekyk watter boodskappe op sy/haar  foon is… gelukkig het ek net nie tyd vir dit nie.. maar het jy al gedink wat jy gaan doen as jy iets daar kry.  Is dit soms net beter om nie te weet wat aangaan nie.. in ‘n kokon te lewe waar als reg is … maar tog so verkeerd.

Ek sien so baie huwelike wat swaar trek… maklik om te sê dit sal nooit met my gebeur nie… maar ek wed jou hulle het ook so gesê.  Al die slim mense vertel jou dat jy moet werk aan jou huwelik.. ek werk genoeg aan ander dinge.. ‘n huwelik moenie werk wees nie…  mens moet net tyd maak om die lekker dinge te kan doen…  As mens dit so stel dan klink dit sommer lekker en wil mens dit doen.

As ek so na my rolle kyk dan voel dit vir my of ek nogal sukkel.  My dogter trek swaar omdat ek so hard op haar is… sy sê gister vir my dat ek haar afbreek… sjoe… wakeup call!  In my gedagtes probeer ek help….  My rol as tuisteskepper kan ek net my kop skud.. ons studeerkamer lyk of ‘n bom gebars het.. goed lê op tafels rond wat in kaste gepak word… elke naweek op my te doen lys…  My rol as ma om kos op tafel te sit.. my kinders is oor naweke dankbaar dat daar iets gemaak word…
​
My gedagtes nogal aan die hardloop.. maar al wat ek weet is dat ek probeer.  Ek het my gesin oneindig lief.. ek wil net die beste vir hulle hê.. Dalk moet mens minder skuldig voel oor wat mens nie doen nie en meer fokus op wat mens vermag in ‘n week.
 

Ouer kom net oor jouself

5/12/2017

 
Picture
Ouer kom net oor jouself
Ek is so vinnig om te sê mense moet weet watter groepe op whatsapp om te stig.  As die groep se doel uitgedien is verwyder die mense en groep.  Die nuutste term is WhatsApp etiket… wonder wat MC Schoeman daaroor te sê het.   Wat my laat lag is dat mense idees het omdat hulle nie van sekere goed hou nie.. dan is dit volgens hulle nie etiket nie.

So het ek my ingepraat in ‘n paar rolle die jaar waar ek ouers moet inlig.  Mens kan eenvoudig nie almal tevrede stel nie.  Ons moan as ons dink ons kry te min inligting.  As mens al die inligting deurstuur dan moan ons weer dat ons te veel inligting kry.

So het ek nou groepe op e-pos en op WhatsApp.  Sommige ouers is op ander groepe wat ook dieselfde inligting kry.  Ek moes lag… vir my is die proses maklik, ek word ingelig om inligting te stuur, en ek stuur aan.  Ek gaan nou nie jou uithaal omdat ek dink jy gaan dit op ‘n ander groep kry nie. 

Daar is ‘n goeie afrikaanse woord oor my gemoed vandag.  Sommige ouers gee net om as hulle kinders bevoordeel word.  Sommige vind ek ongeskik en dit voel vir my of hulle neersien op ander. 
​
Meneer/Mevrou wat maak jou beter as ek of die ouer langs my?  Ek het nie lus vir jou tantrums vandag nie.  Ek het goeie raad vir jou… as jy moeg is vir die inligting… verlaat die groep, sit ‘n reël op outlook om my e-posse te verwyder sonder om dit te lees.  My werk is om jou in te lig.. vat beheer as jy nie ingelig wil wees nie.


Hokkie Seisoen

5/6/2017

 
Picture
As ons gesin kwart oor 5 moet opstaan om betyds te wees vir hokkie wedstryd op ‘n saterdag dan weet mens die hokkie seisoen het begin.   Dit het al die vorige aand begin met waterbottels regkry sodat die kids koue water het vir halftyd.  Seker maak die stok en al die klere is reg.  Die mondstuk is in sak. 

Jongste moet maar saam gaan want mamma en pappa wil gaan kyk.  Ons kom nog donker aan by Astro.   Dankbaar dit reën nie.  Die span speel lekker saam.  Die meisies is oulik.  Help ook as die span wên.  

Ons het terug gery, gaan nou weer suide toe ry vir die klub game.  Opstandigheid begin so in mens opvlam, net om weer te besef hoe dankbaar ons moet wees dat ons kinders aan sport deelneem en dit geniet.

Hierdie jaar gaan dit so bietjie beter, albei ouers kan by al die wedstryde wees.   Laas jaar moes ons opsplit dat daar een ouer by ‘n kind se wedstryd is. Die enigste uitdaging nou is dat die laerskool liga wedstryde gedurende die week gespeel  word.  So nou moet ek my dag so organiseer dat daar nie vergaderings wedstryd tyd is nie.. en dat mens op die nippertjie kan uitglip, nogal laag op die pad moet vlieg en parkering maak al is daar nie.. om betyds by wedstryd te wees.  Donderdag was ek betyds, vrydag het ek helfte van eerste helfte daar aangekom…

​Ek moet nog net die kamera onthou gedurende die week se wedstryde.  So sussa se wedstryde is gedek onder die lens.. boeta het ‘n paar selfoon foto’s.  Ek belowe myself dat die kamera nou kar toe gaan gaan… en daar bly want onthou gaan ek nie.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog