Sulke interesante woorde. Ek het die afgelope ruk weer die mensdom van ‘n kant af begin dophou en selfbehoud, selfsug is maar die noose wat ons almal wurg. Voer een so stukkie lokaas en jy sien voor jou die omvou van skinder en magspeletjies.
Mense smag na aandag. Die vuur word gestook deur skinder en stories wat sterte kry. Drama word in die lewe ingebring deur vriend en vyand. Woorde word verdraai om beter in te pas by jou storie. Dreigemente word gemaak, nooit direk nie, op sosiale blad sodat almal jou kan jammer kry, die verontregte. Die sad van dit is dat die gewoonlik die sterte van stories is wat jy glo en jou eie maak sodat jou seer nog seerder word. Die dreigement dat hy of sy jou lewe kan verwoes, en as mens in hulle glaskas inloer dan krimp mens se hart van jammerte. Ek moes al in my lewe damage control doen en die persoon wat in magsposie is waarsku dat iemand ‘n mes vir my in het, kinderagtig wel... eintlik onwerklik. Almal het talente en daar is party mense wat net beter, slimmer, meer talentvol, mooier op die oomblik is, gun hulle dit. Dit maak my of jou nie slegter nie. Dit maak hulle net anders. Ek bewonder mense wat hulle self of hulle kinders bemark. Daar is altyd ‘n storie oor hulle prestasies, of opinie oor hulle talente. Dit pla my eintlik glad nie maar as mens ‘n ander een moet afbring sodat jy of jou kind kan goed lyk dan begin dit my nogal pla. Die hand om die blaas met afrigter, bestuurder of sommer mede mense sodat jy ‘n gehoor het vir jou stories.. solank jy of jou opinie gehoor kan word is jy gelukkig. Jou agenda gevolg word. Lang stories, en voordat al my vriende vra, ek is ok. My punt vanoggend is staan stil en voordat jy iets glo wat jy hoor .. wonder oor die motief. Gehok, gevange.. ons almal by die huis. As ons huis skoonmaak dan verwens ek die spasie .. as ons almal besig is met iets waardeer ek die spasie. Ons bly in klein estate.. net 13 huise.. kan ‘n seen wees .. maar ook nie! Persoonlikhede verskil en hoe mens goed doen verskil. Dit is nie waaroor ek wil skryf nie. Chaney en Charl probeer fiks bly vir die hokkie seisoen, ons bid hard dat dit wel gaan aangaan die jaar… was ‘n belowende jaar vir beide.
Chaney het program by haar skool se sport kantoor gekry – so in die middae is dit my twee en die bure se twee wat aantree vir harde oefening. Hulle hardloop van ons huis tot by hek (goeie 250 meter) en terug. Hardloop trappe.. ek is gedaan net om na hulle te kyk.. dit gee hulle tog kans om buite te wees en asem te skep.. weer baie dankbaar. My gesin eet ook elke ete… Ek moes altyd net vrydae tot sondae kosmaak.. en dan was dit met uiteet en wegneem etes besaai… Kosmaak en skoonmaak.. is ‘n bose kringloop .. ons sal moet minder eet!!! Klink of ek net wil kla.. en dit is waar.. maar daar is soveel lekker ook.. ons braai nou weer en kuier saam. Die kinders besef dat hulle ook deel is van die ratte wat moet draai, so hulle maak kamers skoon, was wasgoed en ruim kombuis op. Ek en my man kan van huis af werk… en is baie meer produktief. Ek voel of ek ‘n verskil maak elke dag om seker te maak almal is reg. Die kids leer ook dat skool hulle verantwoordelikheid is en dat selfstudie hulle voorland is. Dankbaar vir onderwysers wat bereid is om te help. Bly by die huis en bid vir krag om niemand te vermoor nie, vir wysheid om die regte goed te se en te glo, vir wonderwerk dat die virus sal verdwyn. Ek daag elkeen ook uit om iemand te identifiseer om iets lekkers te doen vir die persoon. Al is dit net ‘n oproep, of ‘n winkel trippie.. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |