Elke persoon glo op sy manier. Hoe oordeel jy iemand se geloof? Hoekom wil ons as mens altyd iemand se vlak van Christenskap meet. Ek noem dit die Christen meter wat ons vir die wêreld wys of liewer hoe die wêreld jou sien.
Die grootste les wat ek in die kerk geleer het is dat Kerk ‘n vulstasie moet wees vir jou geloof. As jou tenk leeg tap dan is dit dalk tyd om stil te word en net weer te gaan luister na ‘n boodskap. As jou tenk vol is deur dade, self studie, omgeegroepe dan is dit ‘n bonus om ‘n diens te luister. Die boodskap is die belangrike deel.. so jy kan self ‘n boodskap luister oor ‘n media bron. Die kerk en die tyd wat jy by die kerk spandeer maak jou nie ‘n beter Christen as die ou wat minder tyd in ‘n gebou spandeer nie. Dit is wat in jou hart is, jou woorde teenoor ander, jou oordeel wat jy so maklik deel wat jou Chisten meter beinvloed. Hoe vriend is jy? Skakel jy net in as jy iemand benodig of is jy werklik daar. Doen jy goed om raak gesien te word of doen jy goed omdat jy dit wil doen. Maak my ‘n goeie vriend vir almal, versterk my Christen Meter dat ek werklik omgee vir ander en nie net omgee oor wat ander van my dink nie. Mag ek luister na mense en nie my eie agenda en denke dryf nie. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |