Donker rook van tyres brand hoog..woede borrel … alles in hul pad word gebreek, gebrand. Ons land is op sy kop. Mense word opgesweep. Emosies hardloop hoog… Moord/ Dood dreigemente word gesing.. ek is bang! Hoe beskerm ek my kinders dat hulle nie ook saam met die grootmense die haat hulle eie maak nie. Hulle is nog jonk… verstaan nie altyd nie.
My vrees is GROOT! Ek wil weg hardloop. Oor begin in ‘n ander land. Het dit vir ons tyd geword om ons land te groet? Media wys die ergste.. die wreed.. maar dit is nie oral so nie. Daar is baie hande waat saamstap.. ongeag van kleur, ouderdom of skatte. My reënboog nasie is voos gesukkel. Leë beloftes van presidente wat mag en geld najaag laat ons desperaat optree. Ongelooflik hoe mense mekaar beinvloed. Die ergste, die wreedste word gedeel en stertjies word aangeheg. God, my God.. maak ons land heel. Hou U hand oor elkeen in Suid Afrika .. ongeag hoe die persoon van buite lyk. U ken ons harte.. werk in ons dat U LIEFDE deur ons skyn. U het self gesê dat Liefde alles kan verdra.. maak ons gewillig om dit vrylik uit te deel. Mag ons woorde positief bly, mag ons dade U verheerlik. Mens kom in kontak met soveel mense en net soms hoor mens ‘n naam wat mens laat glimlag. ‘n Klank of geluid kan mens laat terug dink aan iets onverwant. Ek word voorgestel aan Nardus die naweek. Dadelik glimlag ek.. in die vroeë negentigs op universiteit het ons, onsself ‘nardus’ eintlik ‘nnnnjardus’… gedrink. Die man wat ek voor my sien en die konnektasie is heeltemal verkeerd.. ek dink nie hy het homself al ooit nardus gedrink nie.
Reuke en geure kan ook die onthou wakker maak in jou siel. Daar is reuke wat mens laat onthou waar jy op presies daai oomblik was en hoe jy gevoel het. Die reuk van hospitale laat my altyd terugdink toe ek 6 jaar oud was en die laaste keer my oupa gaan groet het voordat hy hemel toe is. Daai intense hartseer wat my 6 jarige lyfie gevoel het onthou ek nou nog. Die reuk van ‘n hysbak ontwaak die groot vrees dat die hysbak gaan val in my elke keer.. Dit het meer as 20 jaar terug gebeur.. die hysbak wat val – 10 vloere.. niemand het seer gekry nie.. dalk my mede hysbakryers se ore …nou stap ek maar die trappe! As dit regtig nie anders kan nie .. hou ek asem-op tot waar ons moet wees. Ek beur voorentoe sodra die hysbak tot stilstand kom, ek kan nie wag vir die deure om oop te gaan nie.. Onthou om nie op te hou lewe nie.. sodat mens nog meer herinnerginge van lekker dinge kan stoor vir eendag se oudag. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |