Maag virus.. klink sommer erg. Die ou virus het my platgetrek. My maag brom en raas van vroeg middag… Maar die groot ontploffing wag mos tot na 10 in die aand… Dit maak mens weer nederig. Soos wat mens op die troon sit voel mens die behoefte om jou kop in ‘n emmer te druk.. gelukkig is ons huis nog op die ‘bucket stelsel’ .. so daar is ‘n emmer wat wag.
My grootste probleem is ek word naar as iemand naar is .. die geluid en die reuk.. so om my kop in ‘n emmer te druk is ‘n uitdaging… en ek het misluk.. die mislukking het veroorsaak dat ek die emmer gemis het. Wat ‘n nagmerrie… wat ‘n maklike skoonmaak sessie moes gewees het.. spoel net die emmer uit.. verander na ‘n stort vir my.. rondskarrel om Demostos in die hande te kry.. dan om die vloere te was.. nuwe nagklere uit te haal… als in was te gooi… ek is sommer weer lam van vooraf.. Net klaar met die skoonmaak en die naar begin van voor. Die skoonmaak ook… Mens kan ook nie slaap nie .. is heeltyd ongemaklik.. so bang vir ‘n ongeluk..want o genade.. ek wil dit nie skoonmaak nie. Ek wat so min simpatie het, het geleer soms het ek net iemand nodig wat omgee.. wat help skoonmaak, wat mens se rug vryf en belowe dat als weer reg sal wees Onderhoud .. as ek dit sê voel ek die energie uit my uitlek… Wanneer het ek die grootmens geword. Ek is nou moeg gegrootmens! Ek is moeg vir die lys van ondankbare nimmereindige werk in en om die huis. Die besem staan net in die hoek, die handvatsel nog warm van my greep.. dan kyk ek om net om nog hondehare en stof op die vloer te sien.
Elke taak is dieselfde.. die wasgoed net klaar en in die kas en as jy weer kyk is daar iets in die mandjie.. dit is om van mal te word.. oor en oor .. dieselfde aksie. Ek pak kaste reg sodat die nuwe opgevoude klere nie kreukel nie.. as ek weer by die kas kom dan is als omgedolwe.. ek staak! Totdat jy nie jou kas kan netjies hou nie.. vou ek nie meer jou klere op nie.. lekker om dit net so in te gooi.. in die deurmekaar warboel in! Die woorde wat eet ons is soos vloekwoorde in die mamma se boek. My huismense staan net op .. sonder om af te dek. Ek is net klaar opgeruim dan hoor ek weer die woorde: ‘Wat gaan ons eet?” My kamp se rotte dink ook dat dit als my goed is..dit is mos my skottelgoed, my wasgoed, my kombuis… wanneer het dit myne geword? Hulle doen my ‘n guns om te help.. waar het ek die pad misgeloop? My punt is.. ons wil almal so vinnig groot word.. maar hoor vir my .. met grootword kom verantwoordelikheid en onderhoud-lysies… al wil jy weghardloop.. die lysie word net langer. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |