Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Reflekteer

1/31/2018

 
Picture

Dankbaarheid omvou my, ek het Januarie oorleef.
 
My ledemate en gemoed het weer begin werk na die einde van die jaar gestremdheid wat in my siel nesgemaak het oor die Desember tyd.  Oorlogsvrou met ‘n swart gemoed het nou weer plek gemaak vir tegemoedkoming… ek wens… dalk die ontploffingspunt verleng maar die ongeduld nog erg op die oppervlak.   
 
Die afgelope tyd het my nogal beproef.  Ons land en die hartseer binne elkeen het my frons dieper gemaak.  My wantroue sterker.  Ons naasteliefde verminder of heeltemal geskaad.  Ek bid elke dag dat my hart oop en ontvanklik bly vir liefde.  Dat al die wanhoop,  vlogs en blogs my nie sal beinvloed nie.  
 
Met die sleg is daar altyd baie dinge om voor dankbaar te wees.  In my lewe is ek dankbaar vir die nuwe vriende wat diep in ons harte kom nes skrop het.  Ou vriende wie se bande ons weer opgetel het.   My kinders wat die jaar met albei hande aangegryp het en hulle beste in alles gee.  Die wil om tyd te maak vir stokperdjies en lekker wat mens se lewe inkleur.
 
Ek sit gister by tennis waar Charl uitegdaag is vir sy plekke in die span.. ek kyk eers maar toe gaan sit ek op die grond en bid vir my kind.. Bid vir rustigheid, bid vir regverdigheid.. laaste pot laaste punt.. en die teenstander skree uit.. en dit is nie uit nie.. met ‘n streng stem vra ek hom toe of hy baie seker is… ons is daar weg.. Charl het gewen. .. die pappa het later gesê dit was in… sleg.. want in die speeltyd was dit nie die eerste keer nie…
 
Met dit alles bid ek hard vir myself.  Ek vra dat ek nie sal oordeel nie, nie sal kwaad raak nie, nie sal reageer nie.  Elke persoon het die reg op sy mening.. al is dit verkeerd.. nee wag .. al is dit nie dieselfde as my mening nie.  Ek bid vir elke mens wat aangeraak is deur geweld en haat.  Dat ons vergifnis sal vind vir die daad en liefde sal vind vir die persoon wat die daad gepleeg het.  Dat ek myself sal vergewe vir die goed wat ek wou doen en nooit gedoen het nie. 
 
Onthou dit is NOOIT te laat nie.. al is dit net om jouself te vergewe…

Malkoppie Mannewales

1/25/2018

 
Picture
Ek is die spreekwoordelike yo-yo.  Op en af.. heen en weer… Op een dag kan ek tot 4 keer skool toe ry en terug.  Dit sluit uit die tennis en perdry en gimnastiek ryery.   Die begin van die jaar het met ‘n slag begin en ek is al klaar nie meer lus nie!!! 

Hoor nou vir my… ‘klagat’.  Ek kla omdat my kinders betrokke is en ek hulle op en af moet ry om by die plekke uit te kom.  Ek voel sommer nou ondankbaar!  My kinders se voetspore is duidelik.. elke jaar is hulle nalatenskap vasgelê.  Drome groot en wil sterk om dit te jaag.  Ek moet net seker maak ek demper nie hulle wil omdat ek nie lus het om iets te doen nie.

Ek het nou in die middag tyd om op die laerskool paviljoen te sit en wag vir my jongste om klaar te maak met een of ander aktiwiteit.  Ek is nie deel van die mamma-groep nie.. hulle kom al jare.. ek is die vreemdeling.. wat eenkant sit en net luister na die gesprekke.  Tong byt… die gesprekke is vreemd in my ore… as ek eers hoor.. ja daai vrou .. so en so se mamma.. het julle gesien … skinder skinder…  Die loer onderlangs na my rigting laat my glimlag!  Ek is seker ook so en so se mamma gewees toe ek nie in hoor afstand was nie.

Mag ek rustigheid kry om die tyd saam met die kids te geniet in die middag.  Mag ek my ritme kry dat ek my tyd optimaal gebruik.  Mag ek die persoonlikheid van êrens af kry om nie krities na die gesprekke te luister nie.. maar die goed in dit raak te sien of die krag kry om die onderwerp te verander.

My ‘avatar’

1/16/2018

 
Picture
Ek lees die week ‘n blog van ‘n medeblogger, lekker gegiggel.. maar ek sien die kras woorde, geleende woorde en die tong in die kies humor en dan vang my oog die antwoord….

My blog naam is vervelig.  Die gewilde bloggers het almal ‘n avatar.. ‘n lekker onthou naam.  Nou hardloop my gedagtes teen ‘n spoed.   Waarvoor staan my blogs.  Kan ek Hannelie van Niekerk na iets verander wat onthou kan word maar tog pas?  Dit moet lesers trek en nie verjaag nie.  Ek het nou ‘n kans om dalk my blog naam te verander.. skuilnaam te kry.. dit kan mens dalk ‘n bietjie meer Vryheid gee oor waaroor mens skryf. 

Die gewilde name as ek nou begin navorsing doen het ‘n kragwoord in, is snaaks… my humor is nie altyd dieselfde as die volgende ou sin nie.. so mens moet maar versigtig trap.

Eers het ek myself wys gemaak dat blogging my eie ding is.. dit is lekker om te skryf.. om gedagtes op papier neer te sit.  Ek het geglo dat dit nie saak maak of daar een of twintig mense is wat my blog lees nie.. maar dit is nie eintlik waar nie.  Ek wil graag hê dat meer mense my geskryf geniet.

Hou maar dop… dalk net dalk kry ek ‘n lekker blogger naam wat die verbeelding van meer lesers sal trek. 

Seë tyd

1/7/2018

 
Picture
Soos songode sit die poppe en die manne in die son.  Die lywe is jonk, mooi en goudbruin.  Die glimlagte wit… die lag kom maklik en vrylik.  Onskuldig… stressloos.. die lewe lê en wink vir elkeen van hulle.

My oë dwaal na die jonger ouers.. die sonsambrele en die tentjies word opgeslaan.  Stress op die gesiggies van die ouers.   Pappas trek die magies in… was ook op ‘n tyd jonk en goudbruin.. nou wys die lekker lewe van getroud wees.  Die mammas skarrel agter die kiddies aan en trek trek selfbewus aan die swembroekie.  Loer onderlangs na pappa om seker te maak sy fokus bly op die kiddies en dwaal nie weg na die songode toe nie.

My fokus kom terug waar ek lê… gesmeer met factor 50.  Bang vir die son.. die littekens van dae in son lê op my vel.  My fokus op my tiener dogter wat nie bang is nie.. sy swem saam met die seuns diep in die seë.  Ek staan op en gaan staan met my voete in die seë.  Ek moet glimlag vir myself.. ek kan nie swem nie.. so as hulle moeilikheid optel sal ek nou nie kan inspring en hulle kan red nie.. maar ek het ‘n harde stem.. en ek kan alarm maak… 

My jongste vertel vir sy pa dat dit ongemaklik is om saam met sy pa te swem… hy wil liewer met maats speel en saam met hulle swem.  Ons fase is dat ons kids nog baie lief is vir ons.. maar hulle wil nie meer saam met ons damme op die strand bou nie..  wil nie meer saam met hulle mamma of pappa bodysurf nie..

Dankbaar dat hulle darem nog saam met ons op dieselfde plek sit op die strand.  Hulle vriende aan ons voorstel.  Dankbaar dat ek op die strand kan sit en myself geniet.. sonder om om te gee oor wat die songode dink.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog