Bel vriendin en eerste ding wat ek sê is jammer ek het nie vroeër gebel nie maar ek was verskriklik besig. Regtig van Niekerk? So besig dat jy die afgelope 2 maande nie 5 minute spaar gehad het om haar te bel nie?
Wonder of ek nie dalk belangrik voel as ek vertel hoe besig ek is nie. Ek het nou gesit en dink oor al die minute wat verbygaan wat net leeg is nie. Die week het ek behoorlik op en af gery agter kinders aan, ek wil nie hê hulle moet vir my wag nie so ek is altyd vroeg… so dan wag ek. Ek staan en wag in ‘n ry om iets te bestel of te betaal. As ek alles op tel is dit ure se leë tyd. Die vraag wat ek nou moet beantwoord is wat maak ek met die leë ure? Die antwoord is speletjies op my slimfoon. Waarom nie die tyd gebruik om op te vang met ‘n geselsie met ‘n vriendin of familie nie.. en nee.. whatsapp is nie gesels nie van Niekerk! Ek het nie besef hoeveel tyd my foon met sy belaglike speletjies, Instagram en FaceBook eintlik opvat nie en hoe afhanklik mens is om altyd aanlyn te wees.. beskikbaar. Almal in ons huis het slimfone behalwe my 9 jarige – die reël is dat mens aan die einde van graad 4 ‘n foon mag kry. Op ‘n stadium het hy hard baklei met ons en ons daarop gewys dat ons nie praat nie.. hy voel uitgesluit want ons deel foto’s op ons groepies. Net daar en dan het ons weer die reël afgestof van los jou foon. Praat met mekaar. Geniet mekaar se geselskap. Ek gaan vandag begin om weer te bel, te praat.. al is dit vinnig en net hoe gaan dit. Ek gaan my leë tyd gebruik om met jou te praat. Skool nommer verskyn op my foon.. ek moet my kind gaan haal hy is siek. Bel dadelik die dokter en kry afspraak. Groot bord by ontvangs, meld aan voor u deurstap. Ek meld aan en stap deur.
So tik die minute om en ‘n halfuur oor my afspraak tyd kry ek ‘n oproep dat ek die afspraak gemis het. Hoe op aarde kan ek die afspraak mis, ek sit dan en wag! Stap ontvangs toe… Mens moeilik oor my gesig geskryf. Die dame by wie ek aangemeld het, het vergeet om die hele proses te volg en het nooit my lêer agtertoe gevat nie en my ook nie op die stelsel as aanwesig gemerk nie. Diep omgekrap, jammer mevrou, ons druk u nou in.. nog 15 minute gaan verby voordat ek die dokter sien. Boeta is eintlik baie siek, hy kry antibiotika en allerande ander medisyne. By apteek hoor ek dat ons medies uitgeput is. Dit is nou eers die 20ste Januarie. Die jaar het nog nie eens begin nie! Die naweek wat so fyn beplan is met al die ryery het sopas verander. Hy kan nie meer na sy maat se partytjie toe gaan nie. Ek kontak al die mammas wat my sou gehelp het met die ryery om te kanselleer. Ek gaan van werk stop vir lekker vleis, die vuur aansteek en op die stoep sit, my skoene uitskop, agteroor sit met ‘n lang glas in hand. Iets wat senuwees klameer! Ek gaan probeer onthou wat goed was die week. tanoggend moet ek hospitaal toe ry. Die knieg operasie is vandag. Die ou bekende benoudheid sit vlak in my bors. Nie in beheer! Diep asem haal en oorgee aan God wat die beste weet.
Gedagtes dwarrel bietjie. Maak my ongemaklik. Die lewe is kort, jou lewenstrein kan enige oomblik ontspoor word of wissel na ‘n ander rigting. Ons as mens probeer so met al ons plannetjies, in beheer bly… maar dan gebeur lewe en mens moet aanpas ander planne maak. Nuwe jaar bring tyd om te dink, ek is nie goed om beloftes te maak op nuwe jaar nie.. want ek hou nie daarby nie … maar die jaar het ek drie doelwitte gestel: Ek gaan nie dikker word nie, ek gaan vriendelik probeer bly en ek gaan nie moan nie. Drie moeilikes vir my. So stap ek die nuwe jaar gemoet, glimlag lekker en maak grappies. Wel die eerste een wat ek gebreek het is moan. Dit was so maklik vir my om weer vas te val in my eie gedagtes se konkoksies van sleg en verkeerd. Vandag voel dit vir my of my lippe grond te trek. Geen rede nie.. niks verkeerd nie… gewoontes so diep gegrond. Ek is so vinnig om in dit weer te verval. My bekende frons op my voorkop… Dit is tyd om optestaan en te gaan koffie maak. Asem te haal en huistoe te ry om hospitaal toe te ry. Omvou in genade sal vandag ook weer verby gaan. Al wil ek vandag wil doen is om in my vakuum te sit en voortegee dat alles net goed is. So baie dinge het met mense om my gebeur, my vriendin by die werk het haar man verloor, een het ‘n knop in die bors gekry… die lys gaan aan en aan. Dink my leuse vir die jaar het sopas verander: Leef vir NOU en nie vir nou-nou nie. |
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |